18:27 7de Laan (SABC2) Die arme Marcel se lewenspaadjie kry die een kinkel na die ander. Wie is die vreemdeling wat vanaand verskyn?

20:00 Kokkedoor (kykNET) Dinge raak witwarm wanneer die kokke vanaand weer mekaar die kombuis-stryd aansê. Die dorp se rugbyspan ervaar ‘n bring-en-braai soos net ‘n kokkedoor-wat-wil-wen dit kan doen.

20:30 88 Minutes (etv) Hoe los jy jou eie moord op in 88 minute? Wel, as jou naam Al Pacino is mag jy dit dalk net-net regkry. Misdaaddrama

21:00 Proesstraat (kykNET) Waldi is in die Kaap en wie weet wat Wikus met die woonstelsleutel gaan aanvang?

22:00 The Mentalist (SABC3) Patrick Jane dring aan om Cho met 'n ondersoek te help. Hoekom?

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.