Vanaand se hoogtepunte:

19:00 Go On (M-Net): Ryan moedig Sonia aan om haar kêrel te los en dinge raak buite beheer. George herontdek sy liefde vir basketbal.

19:30 Million Rand Money Drop (M-Net): Reeks begin. In dié vasvraereeks moet deelnemers sewe veelkeusevrae beantwoord om R1 miljoen te wen. Die senuwees knaag en algemene kennis is beslis ’n voorvereiste vir dié wat in ’n kits ’n miljoenêr wil word.

20:00 Bette! (e.tv): Bette maak asof sy ’n senu-ineenstorting  gehad het net sodat sy ’n dramatiese terugkeer kan maak.

20:30 Elementary (M-Net): Sherlock ondersoek ’n tref-en-trap-ongeluk. Watson probeer die vrede tussen Sherlock en Gregson herstel.

22:35 Black Swarm (e.tv): Riller. Dodelike aanvalle deur perdebye trek die aandag van ’n entomoloog en polisiebeampte. Met Sebastien Roberts en Sarah Allen.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.