Die nuwe Etios Cross het ’n geharde oorkruisvoorkoms wat dit sportiewer laat lyk.

[post-slider]

Ses goed wat jy moet weet

  1. Die nuweling is op die Xs-model gegrond en standaardkenmerke sluit in kragstuur, lugversorging, elektries beheerde vensters, ’n klankstelsel met USB- en AUX-sokke, misligte en afstandbeheerde sentrale sluiting.
  2. Veiligheidsgewys word die Etios Cross met ABS-remme en dubbele lugsakke toegerus.
  3. Die gespierde voorkoms van die Etios Cross word toegeskryf aan ’n herontwerpte sierrooster met dofswart afwerking, ’n geriffelde skermplaat, bonkige swart skermstroke aan die kant, dofswart wielnisse en ’n nuwe dofswart aan die agterkant.
  4. Nog kenmerke wat die Etios Cross onderskei, is ’n dakskort, diamantsnit-sierwiele van 15 duim en dakrelings.
  5. Die Cross-weergawe se binneruim is heeltemal swart met nuwe sportsitplekbekleding met wit stikwerk en geborduurde Etios Cross-kentekens.
  6. Die Etios Cross se 1,5 L-petrolenjin ontwikkel 66 kW en 132 Nm terwyl brandstofverbruik 6,0 L/100km is.

Prys: R159 800