Kyk! Kurt Darren het sy Heidi gevind. Sy woon toe die hele tyd in Evander, Mpumalanga, en glad nie in die Alpe nie.

Maar dit is waar die verskil ophou, want die skattige Danielle Lindeque (6) is die rooiwangmeisie uitgeknip en nes die strokieskarakter is sy gedurig kaalvoet aan die woel op haar ouers, Michelle en Michael, se plaas.

Toe Kurt onlangs in Huisgenoot aankondig hy soek ’n Heidi-dubbelganger vir ’n nuwe musiekvideo van sy gelyknamige treffer, het byna 2 500 foto’s by ons uitgekom.

Dit het omtrent kopkrap gekos om net 10 jong finaliste te kies waaruit lesers eindelik kon kies.

Huisgenoot se lesers het hul vingers moeg ge-SMS: Meer as 23 500 stemme is ontvang, maar dit was Danielle wat loshande gewen het met amper 9 000 stemme, 1 600 meer as die naaswenner.

Lees meer in die 24 Januarie uitgawe van Huisgenoot.