[caption id="attachment_128758" align="aligncenter" width="600"]Laika die hond Laika. Foto: Wikipedia[/caption]

Maar sy moes ’n baie, baie, baie hoë prys vir haar roem betaal . . .

Dit was 1957 en die destydse Sowjetunie (vandag hoofsaaklik Rusland) het pas Spoetnik 1 gelanseer, die wêreld se eerste mensgemaakte satelliet. Hul volgende plan was om ’n mens die ruimte in te stuur, maar hulle het glad nie geweet hoe veilig dit sou wees nie.

Kon ’n mens die ongelooflike snelheid en skommeling van ’n ruimtetuiglansering oorleef? En wat sou die uitwerking van gewigloosheid op die menslike liggaam wees?

Toe besluit hulle om eers diere ruimte toe te stuur om te toets of die vlug veilig is.

Laika was nie die eerste hond in die ruimte nie, maar sy was die eerste lewende wese wat om die Aarde gewentel het.  Sy is sowat ’n week voor sy opgestuur sou word op die strate gevind en blitsig opgelei - sy moes byvoorbeeld leer om ’n jelagtige soort kos in die ruimte te eet.

Op 3 November 1957 het Laika opgeskiet in haar eie verseëlde kajuit in die Spoetnik 2-ruimtetuig.

[caption id="attachment_128760" align="aligncenter" width="328"]'n Illustrasie van Spoetnik 2 Die Spoetnik 2-ruimtetuig. Onder is die hok waarin Laika gereis het. Die bal bo haar is die satelliet wat Spoetnik ontplooi het. Grafika: Anton Vermeulen[/caption]

Sy is in ’n harnas vasgemaak, maar kon darem ’n bietjie rondbeweeg. Sy het toegang tot kos en water gehad en ’n sak vir haar ontlasting en urine is aan haar vasgemaak.

Elektrodes aan haar lyf het inligting Aarde toe gestuur oor haar hartspoed, bloeddruk en asemhaling.

Dis nie heeltemal duidelik wat daarna gebeur het nie. Almal het geweet Laika sou nie die vlug oorleef nie - alles is so vinnig gereël dat die ingenieurs nie tyd gehad het om ’n stelsel te ontwerp om haar veilig terug te bring nie.

Mense oor die wêreld heen was woedend vir die Sowjetunie omdat hulle die hondjie opgeoffer het en in Amerika is sy Muttnik (Braknik) gedoop.

Die Sowjetunie het beweer Laika is aan die slaap gemaak net voor haar suurstof sou opraak en dat sy rustig gesterf het. Maar in 2002 het die waarheid uitgekom: sy is binne ure ná die lansering dood weens angs en oorverhitting - die temperatuur was sowat 40 grade C.

In 2008 is ’n monument in Moskou opgerig ter ere van Laika waar sy trots op ’n vuurpyl staan.

[caption id="attachment_128764" align="aligncenter" width="600"]'n Foto van Laika op haar monument met 'n rooi roos by Die Laika-monument buite Moskou. Foto: Wikipedia.[/caption]

Die wêreld was so deur Laika se storie geraak dat sy op seëls verskyn het, sy is te sien op nog ’n Russies monument, kinderboeke en liedjies is oor haar geskryf en daar is selfs ’n bier na haar genoem! Ons was ontroer deur dié video-huldeblyk aan Laika. Die liedjie is deur Jonathan Coulton.

Van die ruimte gepraat . . . 

  •  Huisgenoot se publikasie Reis na die Ruimte kos R45 en is in winkels te kry. As jy dit by die Gateway to Space-tentoonstelling (sien onder) koop, is dit boonop net R40! Dis vol interessante ruimtefeite en -stories soos hoe die lewe op Mars sal wees, watter vuurpyle en ruimtetuie die imposantste is, ruimtevaarders (ook vierpotiges) en, les bes, hoe ’n mens te werk moet gaan om ’n ruimtevaarder te word.

Voorblad Huisgenoot Reis na die Ruitme

En dan is daar natuurlik Huisgenoot, YOU en Drum se imposante ruimte-tentoonstelling Gateway to Space in Sandton. Koop jou kaartjies sommer nou deur op die foto hieronder te klik!

Skermgreep van die Gateway to Space webtuiste