Die Ka-konsepmotor is in Brasilië aan die media getoon en boonop lyk dit amper produksiegereed.

Die nuwe Figo, wat ook in sommige wêrelddele as die Ka bekend sal staan, sal na verwagting in 2015 in Suid-Afrika te koop wees.

Waar die huidige Figo basies ’n kloon is van die vorige geslag Fiesta, gaan sy plaasvervanger ’n vars, moderne ontwerp hê. Ford het egter nog nie foto’s van die binneruim vrygestel nie, maar het wel aangedui dat die motor omvattende standaardtoerusting sal hê, wat onder meer Bluetooth en ’n iPod/iPhone-anker sal insluit.

Na verwagting sal die 2015-Figo met ’n 1,5 L-turbodieselenjin en Ford se toonaangewende 1,0 L-turbopetrolenjin beskikbaar wees.

2015 Ford Figo