Die agtste geslag van Toyota se immer gewilde Hilux is amptelik in Bangkok onthul waarna verkope van dié splinternuwe model in Thailand sal begin.

[post-slider]

Hilux, een van die wêrdeld se bekendste en mees geliefde handelsname, was in 1968 die eerste keer in handelaarskappe, en meer as 16 miljoen eenhede is sedertdien in meer as 180 lande van die hand gesit. Toyota sal vanjaar digby een miljoen daarvan net in Suid-Afrika vier.

Die splinternuwe Hilux, wat geheel en al van die binnekant af buitentoe herontwerp is, het ook nou ’n meer moderne binneruim met nuwe tegnologie

Daar is nog baie inligting oor die Hilux se enjinreeks beskikbaar, maar Toyota het wel onthul dat daar nuwe 2,4 L- en 2,8 L-turbodieselenjins is.

Die nuwe Hilux sal eers vroeg in 2016 plaaslik te koop wees.