Waar woon jy?

Beaufort-Wes.

Som jouself in drie woorde op.

Vriendelik, borrelend, hardwerkend.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Ek was 16. Skons.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Om al jou liefde en geduld saam met die ander bestanddele in die potte te gooi.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

My hoenderlasagne.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Tannie Poppie. Sy is ’n liefdevolle en stunning mens; sy het vir my soos ’n ma gevoel.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Tannie Poppie, want sy het ’n groot bederf nodig, en sy is awesome.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Hoender, want jy kan baie daarmee doen.