Waar woon jy?

Franschhoek.

Som jouself in drie woorde op.

Passievol, liefdevol, betroubaar.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Seker so 10 of 11. Ek het koejawels geposjeer en vla vir my oupa gemaak.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Goeie raad van my ma: Moet nooit kortpad vat met ’n resep nie en moenie kook as jy kwaad is nie; die eindresultaat gaan net nie dieselfde wees nie.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Oosterse roerbraai, of vis en groente.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Tannie Poppie. Haar stille krag en manier van doen – en dit reg doen – het my baie herinner aan my ma; daar was niks wat sy nie kon kook of bak nie.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Jacob Zuma. Dalk verander hy van plan . . .

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Ongetwyfeld bobotie en melktert. Dit is onlosmaaklik deel van ons koskultuur en ons geskiedenis.