Waar woon jy?

Calvinia.

Som jouself in drie woorde op.

Vriendelik, hardwerkend, grapperig.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Ek was so 12 toe ek begin koekies bak het.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Die kos wat jy berei en hoe jy dit voorsit, weerspieël jou persoonlikheid.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Vars broodrolletjies met my gewilde tikka-hoenderrepies en groenslaai.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Tiaan.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Al die kokke in die voorstede. Ek wil hulle graag wys wat kos regtig is en hoe kos smaak wat met ’n warm hart berei word.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Bobotie.