Waar woon jy?

Bloemfontein.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Agt of nege. Ek het my ma gehelp om brood te knie en bak.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Moenie lol met te veel speserye nie. Sout en peper bly baas.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet.

Wat sal jy kook?

Ek sal ’n “moer-by”-quiche maak. Jy kook melk en gooi ’n paar ou stukkies brood by. Smelt botter en rasper ’n ui by. Klits ’n paar eiers by, en moer al die oorskiet in jou yskas by. Rasper kaas oor en roer alles bymekaar. Bak dit 15 tot 20 minute, en siedaar!

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Tannie Poppie: Sy is op die man af, kook sonder tierlantyntjies en sit haar heerlike kosse met hart voor.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Shaleen Surtie-Richards. Dit lyk asof sy lekker kan eet en hartskos sal geniet.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

’n Tradisionele Sondagmiddagmaal: Skaapboud, frikkadelle, gebakte hoender, groenbone, karamelpampoenkoekies en rys. Ek het nog nie van een mens gehoor wat nie van so ’n maal hou nie; selfs vegetariërs sal van die vleissousie hou.