Waar woon jy?

Ek pendel tussen Bloemfontein en Bray.

Som jouself in drie woorde op.

Vasberade, hardwerkend, opgeruimd.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Ek het op 27 eers werklik begin kook – boerekos en my gunstelinggereg, patat.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Suurlemoen gee baie diepte aan geregte.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Ek is altyd gereed vir mense. Filetsteak met sampioenroomsous, patat en ’n gebraaide rysgereg. Onverbeterlik!

Watter van die eerste reeks se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Riëtte Strydom. Sy het soveel styl.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Nataniël. Ek geniet sy humor en sal graag oor ’n bord kos met hom wou kuier. Ek dink almal het van daardie humor in ons; ons bring dit net nie tot mond nie.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Hoenderpastei. Ek onthou uit my kleintyd hoe ons hoenders op die werf gevoer, self geslag en op die plaas gebruik het. Lekker!