Waar woon jy?

Lambertsbaai

Som jouself in drie woorde op.

Kunstig, uniek, mal.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Op vyf het ek al vir my ma ontbyt in die bed gemaak.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Proe heeltyd en kook met ’n glas wyn in die hand.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Enigiets behalwe hoenderkerrie.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Mynhardt. Ons het baie jare terug vir ’n kort rukkie gedate . . .

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Nataniël. Dit lyk asof hy enige ding sal eet.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

’n Lekker stukkie hoender; almal geniet dit.