Waar woon jy?

Op ’n plaas buite Clarens.

Som jouself in drie woorde op.

Nie van toepassing.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

Die eerste keer toe my ma my toelaat om in die kombuis te mors.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Ek lees baie kookboeke en kry raad by hulle.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Klaargemaakte skilferkosdeeg met brie en druiwetert, slaai en filet wat ek vinnig in die oond gesit en dun gesny het.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Nie van toepassing.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Ek stel nie belang om vir enige bekendes te kook nie. Ek sal vir enigiemand kook wat my kos geniet.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Ek dink Kokkedoor het dit mode gemaak om onthoukos te vernuwe; almal probeer dit nou, ook in tydskrifte. Ons moet waak dat onthoukos nie byvoorbeeld afval is nie; dit is onthoukos in Frankryk ook. Ons moet iets unieks soos bobotie en melktert Suid-Afrika se onthoukos maak. Bring dan ook die tradisionele Afrika-kosse en Maleise kosse by.