Waar woon jy?

Willowmore in die Oos-Kaap.

Som jouself in drie woorde op.

Hardwerkend, professioneel, veelsydig.

Hoe oud was jy toe jy begin kook en wat het jy berei?

So vyf of ses. Ek het my ma help koeksisters bak.

Wat is die beste raad oor kook wat jy al gekry het?

Alle disse het ’n standaardresep; dis jou eie aanpassings en interpretasie wat dit uniek maak.

Die Kokkedoor-beoordelaars laat weet onverwags hulle kom oor 30 minute by jou eet. Wat sal jy kook?

Lamtjops met soetpatatskywe, babagroente en ’n vars kruisementsous.

Watter van die eerste seisoen se deelnemers was jou gunsteling en hoekom?

Tannie Poppie omdat sy deursettingsvermoë getoon het.

Vir watter bekende sal jy graag wil kook en hoekom?

Tannie Cass Abrahams en Pieter Veldsman, om hulle te bedank vir wat hulle vir onthoukos gedoen het.

Wat dink jy is Suid-Afrika se gunsteling-onthoukos en hoekom?

Definitief melktert. Waar daar gevier word, is daar melktert op die tafel; ons het ook ’n nasionale melktertdag.