IS EK die enigste een . . . wat my gunstelinge in ’n TV-werklikheidsreeks kies en dit dan persoonlik opneem as hulle uitgestem word? Dis hoe ek verlede week gevoel het toe Tiron uit seisoen twee van MasterChef Suid-Afrika gestem is. Ek wou hê hy moet wen en kon nie verstaan hoekom die beoordelaars dit aan hom gedoen het nie – en aan my!

[caption id="attachment_50571" align="alignnone" width="600"]Tiron Tiron[/caption]

Tiron was net die volmaakte werklikheidsreeks-deelnemer; elke week het hy beter en beter geword en ’n mens kon sien hoe sy selfvertroue toeneem. Hy was al heel bo – deur uitdagings te wen – én heel onder, besig om te veg vir sy plek in uitskakelingsuitdagings, wat gewys het hy het die moed en die durf wat nodig is om bo uit te kom. Ek hou ook van sy storie: die videowinkelklerk wat besef het waar sy talent lê en hierdie titel so graag wou hê.

My tweede gunsteling is Ozzy, maar ek vrees een van die meisies gaan hom uitstof omdat hy so senuweeagtig kan raak, al kook hy goed en lyk hy soos ’n gawe ou.

[caption id="attachment_50569" align="alignnone" width="400"]Ozzy Ozzy[/caption]

Die meisies lyk sterker: Kamini, wat ’n fantastiese aanvoeling vir kos het maar baie afsydig voorkom, en die susters Leandri en Seline, wat vir my soos een deelnemer geword het want ek vergeet nog altyd wie wie is.

[caption id="attachment_50566" align="alignnone" width="550"]Kamini Kamini[/caption]

My geld is op Seline, die suster sonder die volle kuif (ek het dubbel seker gemaak!), omdat sy vol vertroue en rustig is.

[caption id="attachment_50568" align="alignnone" width="600"]Seline (links) en kleinsus  Leandri Seline (links) en kleinsus Leandri[/caption]

Daar’s ook Jason, wat ons kan verras, maar dit voel vir my asof een van die vroue die titel gaan inpalm.

[caption id="attachment_50572" align="alignnone" width="422"]Jason Jason[/caption]

’n Vriendin wat ook die reeks kyk, sê sy dink Leandri gaan beslis wen, terwyl iemand anders seker is Kamini gaan met die titel wegstap. Maar ek wou gehad het Tiron moet wen . . .

Ek het ná die episode dadelik sy uitgangsonderhoud op Twitter gaan lees en dit klink asof hy goed vaar. Ek is mal oor sy idee om ’n rokery-restaurant te open op dieselfde plek waar die videowinkel is waar hy gewerk het, in Blairgowrie in Johannesburg. Hy sê dit maak in November sy deure oop.

Nes ’n MasterChef-deelnemer het seisoen twee met elke episode verbeter. Die reis Ethiopië toe was fassinerend en dit was heerlik om meer oor daardie land se kookkuns uit te vind. Ek het Ethiopiese restaurante in Kaapstad nageslaan want ek moes net injera proe nadat ek gesien het hoe die deelnemers omtrent in trane uitbars terwyl hulle hierdie pannekoekagtige suurdeegbrood probeer maak. Ek het ’n plek opgespoor wat ook shiro wot op die spyskaart het, die split-ertjie-en-speserye-gereg wat Tiron in die vegetariese toets opgetower het. En dit was regtig baie stylvol om die wonderlike langafstandatleet Haile Gebrselassie daar as ’n gasbeoordelaar te hê. Die reis het ook net op die regte tyd gekom, toe kykers iets nuuts wou sien. Ek is seker deelnemers aan seisoen een vra nou waar húlle trippie was!

[caption id="attachment_50565" align="alignnone" width="600"]Die beoordelaars in Ethiopië: Die beoordelaars Andrew, Benny en Pete, Haile Gebrselassie (middel) en Joseph Kibur (heel links), wat die wêreldberoemde langafstandateltiek-opleidingsentrum Yaya net buite Addis Abeba in Ethiopië bestuur. Die beoordelaars in Ethiopië: Die beoordelaars Andrew, Benny en Pete, Haile Gebrselassie (middel) en Joseph Kibur (heel links), wat die wêreldberoemde langafstandatletiek-opleidingsentrum Yaya net buite Addis Abeba in Ethiopië bestuur.[/caption]

MasterChef SA loop Woensdag 11 September ten einde maar die goeie nuus is dat seisoen vier van MasterChef Australië Dinsdag 17 September begin, ook op M-Net.

  • MasterChef SA word Dinsdae en Woensdae om 19:30 op M-Net uitgesaai.

- Natalie Cavernelis

Lees Natalie se ander TV-blogs:

Fokus, True Blood, fokus

Verslaaf aan Katvisse en die Kardashians

Verban Junior uit die Dome, sê ek!

10 fantastiese dans-roetines op TV

8 nuwe reekse op pad

Die Emmys, The Fixer en dié wat beroof is . . .

Ontmoet my TV-mans

TV-paartjies wat bymekaar moet uitkom

10 nuwe TV-reekse!

Kyk! Die meisie van My Girl het grootgeword

Wat ’n woeste Game of Thrones!

TV se stylvolste karakters

Watter ander ouers is moeg vir Barney?

Dierbare Emily

The Fixer se koel klere

Is dit net ek?