• Sy was nie altyd bekend as Elizabeth Olsen nie.Sy het in haar tienerjare haar tweede naam as van gebruik – sy was Elizabeth Chase – om van haar beroemde van weg te kom.
  • Sy is vriende met Dakota Fanning (20). Hulle het heelwat gemeen – albei se susters is ook beroemd en hulle studeer aan die Universiteit van New York. G’n wonder die twee is beste pelle nie.
  • Haar eerste oudisie was vir die fliek Spy Kids toe sy 10 was.Sy het selfs ’n tweede oudisie gekry! Al het sy nie die rol gekry nie, sê sy: “Ek is baie bly ek het dit nie gekry nie, want ek wou nie ’n kinderakteur wees nie.”
  • ’n Modereeks is na haar genoem. Mary-Kate en Ashley (albei 27) se klerereeks Elizabeth & James is genoem na hul suster Elizabeth en broer Trent James.
  • Sy is verloof aan ’n hartebreker. Haar verloofde is die akteur Boyd Holbrook (32).  Sy is beslis ’n gelukkige meisie!

-Janine Nel

Bronne: seventeen.com, popcrush.com