[caption id="attachment_127725" align="aligncenter" width="600"]'n Foto uit die fliek The Martian waar Matt Damon by 'n voertuig op Mars-basiskamp staan. Toneel uit die fliek The Martian met Matt Damon. Foto: Twentieth Century Fox.[/caption]

SKIELIK is almal op pad Mars toe. Die SA gebore tegno-genie Elon Musk dink mense sal al teen 2027 op Mars kan land, NASA kyk na die 2030's, en ander regerings en privaat maatskappye mik na die 2040s. En Elon dink nie net aan ruimtevaarders nie. Hy voorsien ’n hele kolonie op Mars, met 80 000 mense wat binne die afsienbare toekoms daar woon. Dit sou vir my en jou kon insluit . . .

Maar hoekom op aarde wil enigiemand op Mars woon?

Ons kan aan drie uitstekende redes dink.

  1. Dit sal ’n onbeskryflike triomf wees. Om mense op Mars neer te sit, sal waarskynlik die grootste prestasie van die 21ste eeu wees.
  2. Dis ’n avontuur. As jy middelklas en middeljarig is, moeg vir jou werk en jy kan genoeg geld bymekaarskraap deur alles te verkoop wat jy besit, kan jy ’n eenrigting-kaartjie Mars toe op een van Elon se beplande ruimteskepe koop en ’n heeltemal nuwe lewe op die Rooi Planeet gaan begin. Die wetenskapjoernalis Stephen Petranek voorspel daar sal meer as genoeg werk wees - nie net om die nuwe kolonie aan die gang te hou nie, maar ook namens maatskappye op Aarde wat dalk sal belangstel in ’n myn op Mars, Mars-roumateriale of flieks wat op Mars geskiet word.
  3. Mars is vir die mensdom ’n goeie opsie as die Aarde ooit onbewoonbaar sou  raak.
Tog, aan die ander kant . . .

8 redes om nie te gaan nie

Mars is ’n heerlike planeet om te lewe as jy ’n eensellige organisme is wat diep onder die oppervlak skuil, maar as jy ’n mens van vlees en bloed is, het die plek sy uitdagings.

[caption id="attachment_127726" align="aligncenter" width="600"]'n Foto van die oppervlak van Mars Die oppervlak van Mars, soos gesien deur die Curiosity-Marskarretjie. Foto: NASA[/caption]

  1. Dit duur vyf tot sewe maande om daar uit te kom - en dis die maklike deel.
  2. Mars is bitter koud, met temperature wat meestal ver onder vriespunt is.
  3. Jy sal buite in ’n swaar ruimtepak moet rondbeweeg omdat daar nie juis atmosferiese druk is nie.
  4. Daar is baie minder swaartekrag as op Aarde. Hoewel dit die ruimtepak ietwat gemakliker sal maak, is dit slegte nuus vir jou ooggesondheid en jou bene en spiere.
  5. Daar is dalk nie genoeg beskikbare water nie.
  6. Asemhaling is ’n probleem omdat daar baie min suurstof in die atmosfeer is.
  7. Jy is kwesbaar vir siektes soos kanker omdat die lug om Mars baie min beskerming teen kosmiese bestraling en die son se ultravioletstrale bied.
  8. En kan jy dink hoe duur dit sal wees om die heeltyd ruimteskepe vol kos, toerusting en mediese voorraad Mars toe te stuur om die kolonie aan die gang te hou?

Maar as jy besluit om wel te gaan . . .

Die kuns sal wees om so onafhanklik moontlik van die Aarde te wees. Party wetenskaplikes meen ons sal Mars uiteindelik kan verwarm deur ’n klomp kweekhuisgasse vry te laat, wat die water sal laat vloei en plante sal laat groei. Ons sal dalk selfs aan ons gene kan peuter om dit vir ons makliker te maak om daar aan te pas.

Maar tot tyd en wyl is dit alles wetenskapsfiksie. Hiere is meer onmiddellike planne om Mars so gemaklik moontlik vir menslike verblyf te maak.

[caption id="attachment_127727" align="aligncenter" width="600"]’n Illustrasie van ’n opblaas-module waarin mense verskillende take verrig ’n Kunsteaarsvoorstelling van ’n opblaas-werkplek in die ruimte.[/caption]

  • 3D-drukwerk. ’n Span wetenskplikes werk tans aan tegnologie om enigiets van onderdele tot kos en selfs blyplekke op Mars te druk met die hulp van roumateriale wat op die planeet gevind kan word.
  • Suurstof-verskaffing. NASA is besig met toetse om te kyk of bakterieë en alge suurstof op Mars sal kan verskaf. Die plan is om dié organismes oor die oppervlak te strooi, waar hulle die grond sal gebruik om suurstof uit te pomp.
  • Ruimtepakke. Mars-bewoners sal net buitentoe kan gaan as hulle ’n ruimtepak aanhet.

[caption id="attachment_127728" align="aligncenter" width="600"]Illustrasie van ruimtevaarders in ruimtepakke aan die werskaf op Mars. So sal ons in die Mars-buitelug moet beweeg.[/caption]

  • Binnenshuise lewe. Om bestraling te voorkom sal ons soveel tyd moontlik binne moet deurbring.

[caption id="attachment_127729" align="aligncenter" width="600"]Illsutrasie van werk- en woonmodules op Mars NASA se voorstelling van hoe ’n kolonie op Mars kan lyk. Foto: NASA[/caption]

  • Mars-plase. Die grond op Mars is giftig maar kan gesuiwer en aangevul word sodat plante daar kan groei. Vars groente en vrugte sal waarskynlik in groot plaas-modules gekweek word.

[caption id="attachment_127730" align="aligncenter" width="600"]Illustrasie van kweekhuis-module op Mars. So kan ’n Mars-plaas lyk - 'n enorme kweekhuis-module.[/caption]

Terwyl daar dus nog baie besonderhede is wat uitgewerk moet word, is dit duidelik dat die mensdom se reis na Mars begin het. En selfs al duur dit ’n bietjie langer as wat wetenskaplikes voorspel (want dit duur altyd langer!), sal die idee van mense wat op Mars woon vir ons kleinkinders waarskynlik so alledaags wees as wat dit vir ons is dat mense op die Internasionale Ruimtestasie woon. As jy belangstel om te weet hoe ’n Mars-kolonie kan werk, kyk gerus na NASA se voorstelling op die video hieronder.

Van die ruimte gepraat . . .

  •  Huisgenoot se publikasie Reis na die Ruimte kos R45 en is in winkels te kry. As jy dit by die Gateway to Space-tentoonstelling (sien onder) koop, is dit boonop net R40! Dis vol interessante ruimtefeite en -stories soos hoe die lewe op Mars sal wees, watter vuurpyle en ruimtetuie die imposantste is, ruimtevaarders (ook vierpotiges) en, les bes, hoe ’n mens te werk moet gaan om ’n ruimtevaarder te word.

Voorblad Huisgenoot Reis na die Ruitme

  • En dan is daar natuurlik Huisgenoot, YOU en Drum se imposante ruimte-tentoonstelling Gateway to Space in Sandton. Koop jou kaartjies sommer nou deur op die foto hieronder te klik!

Skermgreep van die Gateway to Space webtuiste