Oor die “gesinsonderneming”: “Dit voel snaaks wanneer mense my daaroor uitvra, want ek het nooit regtig ’n reguit antwoord nie. Eintlik weet ek nie. My ouers is baie nederige, snaakse, vriendelike mense vir wie ek baie respek het, nie net as kunstenaars nie; ook as mense. Hulle het my beslis beïnvloed sonder dat ek dit eens agtergekom het. Dit gaan in ’n sekere opsig oor oorerwing en omgewing. Ek dink beslis dis iets wat ek nog altyd wou doen en ek waarskynlik altyd sou wou doen. Maar, weet jy, as jy sulke ouers het, skep dit ’n geleentheid. Die res hang van jou af.”

Oor interaksie met aanhangers: “Ek twiet en instagram nogal baie, maar om verskeie redes voel dit ek het ’n liefde-haat-verhouding daarmee. Eerstens, dis hoogs verslawend. Tweedens, dit laat eintlik niks aan die verbeelding oor nie; daar is geen geheimsinnigheid aan my nie, veral as ’n aktrise. Jy wil ’n raaisel wees. Jy wil iemand wees wat nie in ’n vakkie gedruk word of aan gedink word as hul persoonlikheid nie; dat hulle . . . in verskillende rolle kan pas. Maar deesdae is dit moeilik, want mense verwag jy moet toeganklik wees. Ek dink ek instagram gedurig, want ek het nog altyd baie graag foto’s geneem. Dis ’n koel platform.”

Oor haar toneelspel-doelwitte: “Vat nou maar vir Sandra Bullock, met wie ek my terloops glad nie vergelyk nie: Ek sal nooit die helfte van die aktrise kan wees wat sy is nie; ek gebruik haar net as ’n voorbeeld, want sy het so ’n ongelooflike loopbaan as ’n gerespekteerde dramatiese asook komiese aktrise . . . en ek bewonder dit baie. Dis baie lekker en inspirerend om van Gravity na The Heat oor te skakel. Ek skat my doelwit en my droom is om hopelik in die nabye toekoms albei te doen.”

Bronne: Bellomag.com; justjaredjr.com