Die PS3-speletjie, Sonic & All-Stars Racing Transformed, is ’n blitsvinnige en woeste wedrenspel wat herinner aan Mario Kart. Jy bevind jouself agter die stuurwiel as een van jou gunsteling Sega-karakters, besig om dit vir ’n wenplek uit te spook. Nog ’n koel eienskap is: jy kan tydens die wedren tussen motor, boot en vliegtuig wissel. Hierdie opwindende speletjie vir meer as een speler bied pret vir almal. -LYNN GREEFF

Pro Evolution Soccer

2014 (Xbox 360) *R509

Die gebruik van Konami se nuwe FOX-enjin in ’n sportspeletjie is ’n triomf, en het gelei tot die skepping van ’n wonderlike sokkerspel. Die grafiese tekeninge is uitstekend, die spel op die veld voel realisties en die pas van die wedstryde is perfek. Ongelukkig sukkel Konami nog met lisensiëring, en nie al die spanne en spelers het goeie ooreenkomste of ware name nie. Dis andersins ’n goeie sokkerspel en in baie opsigte beter as sy teenvoeters.- GARETH SEILER