BMW_front

BMW se nuwe X5 is nou in Suid-Afrika te koop. Met ’n herontwerpte voorkoms, moderne tegnologie en selfs meer spasie as tevore beloof die derde-geslag X5 om weer eens ’n gewilde topklas-sportnutsvoertuig te wees. Die enjins is ook opgeknap en lewer nou glo beter brandstofverbruik as tevore.

Sedert die X5 in 1999 bekendgestel is, het BMW wêreldwyd al meer as 1,3 miljoen daarvan verkoop, en plaaslik is daar sowat 11 500 van die tweedegenerasie-modelle verkoop.

Daar is drie turbodieselmodelle, die kragtige M50d wat drie turbo-aanjaers het, die 40d en die 30d. Die petrolmodelle is die 50i (met ’n 4,4-liter V8-enjin met ’n dubbele turbo) en die 35i.

Uiteraard is die X5 baie luuks met talle geriefs- en veiligheidskenmerke.

’n Aanpasbare M-veerstelsel, wat standaard in die M50d is en ook in die ander modelle beskikbaar is as ’n opsie. Dit het ekstra-ferm vering- en demper-eienskappe.

Opsionele Comfort en Profes¬sional- aanpasbare veerstelsels is beskikbaar, wat die dinamika van die X5 kan aanpas. Dit wissel van R22 000 tot R61 500 ekstra.

Die M Sport-pakket is beskikbaar in 35i en 30d modelle teen ’n ekstra koste van R46?000, terwyl dit jou R37?500 in die 40d en R17 500 in die 50i uit die sak sal jaag.

Pryse

  • X5 35i – R769 900 (Eers April beskikbaar)
  • X5 30d – R781 309
  • X5 40d – R886 014 (Eers April beskikbaar)
  • X5 50i – R984 517
  • X5 M50d – R1 031 848

BMW_rear

BMW_inside