’n Kamera wat aan die instrumentpaneel vasgemaak is, kan velpatrone met gesigsherkenning-programmatuur vasstel en lui ’n alarm as ’n draagbare toestel opgehou word.

Die navorsers skat sowat 80 persent van botsings en 65 persent van amperse botsings hou verband met bestuurders wat in die drie sekondes voor die voorval nie na die verkeer let nie. Hulle het byvoorbeeld bevind dat ’n telefoonnommer skakel sowat vyf sekondes duur, wat beteken ’n motor wat teen 100 km/h reis, beweeg in daardie tyd 140 m.

Hulle hoop as toetse suksesvol is, kan huurmotor-maatskappye dit gebruik om bestuurders se aandag op die pad te hou. Bekommerde ouers kan dit ook gebruik om te verseker hul kinders gebruik nie ’n foon terwyl hulle bestuur nie.

Die wetenskaplikes aan die staatsuniversiteit van Santa Catarina werk nou daaraan om die stelsel net te bedryf wanneer die motor beweeg of om opsporingsensitiwiteit teen ’n hoër spoed te verhoog.