stepway-main

Die Stepway is op die standaard-Sandero gegrond, maar het ’n hoër grondvryhoogte, groter bande, onderstelplate, wielnisse en dakrakke.

Onder die enjinkap is dieselfde driesilinder-turbopetrolenjin as in die standaard-Sandero en die Clio. Dit lewer 66 kW krag en 135 Nm wringkrag teen 2 500 r.p.m. Volgens Renault is sy brandstofverbruik ’n indrukwekkende 5,4 L/100 km.

Standaardkenmerke sluit in ’n klankstelsel met MP3, CD, USB en Bluetooth. Verder is daar ook spoedreëlaar, lugreëling en ’n sentrale sluitstelsel. Wat veiligheid betref, het die voertuig ABS-remme, twee lugsakke voor en kantlugsakke.

Die Sandero Stepway kos R159 900 en het ’n waarborg van vyf jaar of 150 000 km en ’n diensplan van twee jaar of 30 000 km.

stepway2

Sandero-3