[post-slider]

Buitelangs is daar klein ontwerpsveranderings, soos nuwe ligte en herontwerpte buffers, terwyl kopers ook uit nuwe kleure en allooiwiele kan kies.

Maar die groot nuus is dat die Polo nou van turbo-krag gebruik maak, en dat die ou 1,4 L- en 1,6 L-enjins iets van die verlede is. Al die Polo-modelle het ’n 1,2 L-turbo-petrolenjin, maar met verskilledne kraglewerings.

Die intreevlakmodelle, die Trendline en Comfortline, se enjin lewer 66 kW teen 4 800 r.p.m., 160 Nm tussen 1 400 en 3 500 r.p.m. en het glo ’n gemiddelde brandstofverbruik van 4,9 L,100 km. Volgens Volkswagen versnel dié weergawes binne 10,8 sekondes van 0-100 km/h en het ’n topspoed van 184 km/h.

Die Highline-model en die robuuste CrossPolo se 1,2 L-kragbron ontwikkel 81 kW teen 5 000 r.p.m. en 175 Nm tussen 1 500-4 000 r.p.m. Boonop is die Highline beskikbaar met ’n sewespoed outomatese ratkas.

Gemiddelde brandstofverbruik is 5,1 L per 100 km, 0-100 km/h vind in 9,3 sekondes plaas en sy topspoed is 196 km/h.

Binnelangs is daar nuwe materiaal en afwerkings, terwyl die instrumentpaneel ook herontwerp is.

Al die modelle het ’n raakskerm-klankstelsel, terwyl die Comfortline, Highline en CrossPolo-modelle ook Bluetooth en ’n USB-verbinding het.

Standaardveiligheidskenmerke deur die reeks sluit lugsakke en ABS-remme in.

Die Polo-reeks het ook ’n waarborg van drie jaar of 120 000 km en ’n diensplan van drie jaar of 45 000 km.

Pryse

  • 1,2 TSI 66 kW Trendline – R188 300
  • 1,2 TSI 66 kW Comfortline – R209 700
  • 1,2 TSI 81 kW Highline – R233 300
  • 1,2 TSI 81 kW Highline DSG – R247 800
  • 1,2 TSI 81 kW CrossPolo – R241 000