Die Pro speel af in ‘n fiktiewe kusdorp, Vlakberg, waar die 17-jarige Tiaan Nothnagel (Edwin van der Walt) se kommervrye tienerlewe tot stilstand geruk word met die dood van sy beste vriend, Dirkie Lawrence (Vilje Maritz).

Tiaan, ‘n kranige branderplankryer, is so geskok dat hy besluit om nooit weer terug te gaan see toe nie. Maar hy raak bevriend met Dirkie se tweelingsuster Yvette (Reine Swart), wat hoop dat Tiaan haar as meer sal sien as sy oorlede beste vriend se suster.

Die Pro word in September uitgereik.

Kyk hier na die lokprent: