met die byvoeging van die ekonomiese en waarde-georiënteerde 1.0 EcoBoost Ambiente-handrat-afstammeling.

Die nuwe toevoegsel tot die Fiesta-geledere sluit aan by die 1.0 EcoBoost Ambiente met outomatiese kragratwisseling wat in Maart 2015 bekendgestel is. Dit word deur dieselfde 74kW-variasie van hierdie enjin aangedryf, gekoppel aan 'n 5-gang-handrattransmissieratkas. Met 'n indrukwekkende 170Nm-wringkrag beskikbaar tussen 1 400 o.p.m. en 4 500 o.p.m., lewer dit uitmuntende in-rat-trekvermoë en werkverrigting.

Smart Regenerative Charging is standaard by die EcoBoost-enjin. Dit help om die brandstofverbruik te verlaag deurdat dit die alternator selektief inspan en die battery verander wanneer die voertuig vry loop en die remme aangeslaan word.

Die gevolg is dat die Fiesta 1.0 EcoBoost aangeprys word vir  brandstofverbruik in 'n saamgestelde siklus van slegs 4.3 l/100km*, terwyl dit 'n uiters lae 99g CO2 per km* genereer.

Ten opsigte van intreevlak-Ambiente-afwerking, spog die Fiesta met 'n indrukwekkende lys van standaard-veiligheidskenmerke, insluitend Ford se elektries-ondersteunde stuurstelsel (“EPAS”), ABS-remme met noodrembystand, lugsakke vir die bestuurder en passasiers,  sitplekgordels met voorspanners met lasbepalers, ISOFIX-hegpunte vir kindersitplekke en “Volg-my-huis-toe”-kopligwerking.

Kenmerke ten opsigte van die voertuig se veiligheid, gemak en gerief word uitgebrei na 'n afstandbeheerde sentrale sluitstelsel met standaardtipe immobiliseerder, elektries-beheerde vensters voor, verhitte, elektries-beheerde kantspieëls, 'n 12 Volt-kragpunt in die middelkonsole, stuurwielgemonteeerde klankbeheerstelsel en lugreëling.

Ford se SYNC® multimedia- en verbindingstelsel is standaardtipe en dit sluit in 'n radio en MP3-verbindbare CD-speler, USB en hulp-oudioverbindings, sowel as Bluetooth met stembeheer.

Benewens die twee Ambiente-afstammelinge is die 1.0 EcoBoost-enjin ook beskikbaar in Trend- en topspesifikasie-Titanium-vermomming – albei van hulle word aangebied met die keuse tussen 'n vyfgang-handrat-ratkas (92kW) of die responsiewe sesgang-kragratwisseling, outomaties (74kW).

Dan is daar ook nog twee 1.6 liter-Duratorq TDCi-modelle (70kW/200Nm), met vyfgang-handrat-ratkaste in die ry by die Ambiente- en Trend-siervlakke, sowel as die ingangsvlak-Ambiente 1.4, normaal geaspireer (71kW/128Nm).

Die reeks word oorheers deur die begeesterde driedeur-Fiesta ST, wat verskeie ‘warmluik’-titels verower het – in Suid-Afrika, sowel as internasionaal. Dit word aangedryf deur 'n werkverrigting-georiënteerde 1.6 liter-EcoBoost-enjin, met 134kW en 240Nm beskikbaar.

*Fiesta-reeks

1.4 Ambiente, 5-gang, handrat: R198 900

1.0 EcoBoost Ambiente, 5-gang, handrat: R198 900

1.0 EcoBoost Ambiente, 6-gang, kragratwisseling: R208 900

1.6 TDCi Ambiente, 5-gang, handrat: R218 900

1.4 Trend, 5-gang, handrat: R204 900

1.0 EcoBoost Trend, 5-gang, handrat: R209 900

1.0 EcoBoost Trend, 6-gang, kragratwisseling: R219 900

1.6 TDCi Trend, 5-gang, handrat: R225 900

1.0 EcoBoost Titanium, 6-gang, handrat: R229 900

1.0 EcoBoost Titanium, 6-gang, kragratwisseling: R239 900

1.6 EcoBoost ST, 6-gang, handrat (3-deur): R282 900

• Alle Fiesta-modelle word met 'n omvattende vierjaar/120 000 km-waarborg, vierjaar/60 000 km-diensplan, driejaar/onbeperktekilometer-padbystandsplan en 'n vyfjaar/onbeperkteroesplan verkoop.

• Die tydsverloop tussen versienings is 20 000 km in die geval van EcoBoost-petrolenjins en 15 000 km in die geval van Duratorq TDCi-dieselenjins.

BRON: quickpic.co.za

*Pryse soos verskaf Desember 2015