kyknet

Die Fiëstas Toekennings, wat reeds beskou word as die Oscars van die Afrikaanse teaterbedryf, sal by die ikoniese Staatsteater in Pretoria op 13 Februarie 2014 oorhandig word by ? geleentheid wat beloof om die glam terug in glamour te sit. Die toekenningsgeleentheid word hierdie jaar regstreeks om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Die nominasies vir 2014 is:

Beste Akteur:

Chris van Niekerk vir Strip

Dawid Minnaar vir macbeth.slapeloos

Elton Landrew vir Bidsprinkaan

Stian Bam vir Trippie

Beste Aktrise:

Anna-Mart van der Merwe vir macbeth.slapeloos

Nicole Holm vir Oorsee

Nicola Hanekom vir Trippie

Sandra Prinsloo vir Die Leo’s

Beste Manlike Byspeler:

Charlton George vir macbeth.slapeloos

Gys de Villiers vir Bidsprinkaan

Marius Weyers vir Tango

Tobie Cronjé vir Die Leo’s

Beste Vroulike Byspeler:

Hannah Barnard vir Land van Skedels

Lee-Ann van Rooi vir Bidsprinkaan

Mary Dreyer vir Wie Drink Wat?

Lerato Motshwarakgole vir Land van Skedels

Beste Regisseur:

Jaco Bouwer vir Trippie

Janice Honeyman vir Bidsprinkaan

Marthinus Basson vir macbeth.slapeloos

Nicola Hanekom vir Land van Skedels

Teaterontwerp:

Jayne Batzofin & Christina Salvoldi vir Pruttel

Marthinus Basson vir macbeth.slapeloos

Nicola Hanekom vir Land van Skedels

Wolf Britz vir Oorsee

Beste Prestasie in ? Musiekgedrewe Produksie:

Amanda Strydom vir Ek Loop Die Pad

Dorothy Masuka vir Dorothy – 60 Jaar

Magdalene Minnaar vir Magdalene! Musiek vir die Silwerdoek

Schalk Joubert vir Die Wêreld Is My Woning

Beste Spel in ? Solo-Vvertoning:

Antoinette Kellerman vir My mense

Chris Vorster vir Affairs vir Domkoppe

Gys de Villiers vir Wit manne se wapens

Tobie Cronjé vir Ballade van ? Banggat

Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Opvoering:

Nicola Hanekom vir Land van Skedels

Nicola Hanekom vir Trippie

Saartjie Botha vir Bidsprinkaan

Tertius Kapp vir Oorsee

Beste Opkomende Kunstenaar:

Jayne Batzofin vir Pruttel

Ludwig Binge vir Wie Drink Wat & macbeth.slapeloos

Nieke Lombard vir Pruttel

Die Ensemble van Te veel vir ? coloured girl

Beste Prestasie in Klassieke Musiek:

Die Kaapse Jeugkoor vir Om die wêreld in 80 minute

Luis Magalhäes & Nina Schumann vir 2 Pianists

Minette du Toit-Pearce, die US Perkussieduo en Philippus Hugo vir Openingskonsert wat ? ATKV

Pryswennerskonsert is

Petronel Malan vir Petronel Malan – Klavieruitvoering

Beste Prestasie in Dansteater en Fisieke Teater:

Braam du Toit vir sy komposisie in Run

Nicola Elliot vir Run

Steven van Wyk & Thalia Laric vir hulle choreografie in “Skoonveld” in PLASTIC

Beste Prestasie in Visuele Kuns:

Diane Victor vir No country for old women

Jan van der Merwe vir Tyd en Ruimte

Olaf Bisschoff vir Streeksbiblioteek

Beste Musiekgedrewe Produksie:

Bravissimo! The South African Sopranos

Dorothy – 60 Jaar

Opera Nostalgie: Eoan 80/Verdi 200

Schalk Joubert – Die wêreld is my woning

Beste Aanbieding:

Bidsprinkaan

Land van Skedels

macbeth.slapeloos

Trippie

Tien gelukkige kykers staan die kans om dubbelkaartjies na die kykNET Fiëstas Toekennings-glansaand te wen. Om in aanmerking geneem te word, moet hulle slegs tussen 17 Januarie 2014 en 2 Februarie 2014 vir hulle gunstelingkunstefees op die Fiëstas Toekennings se Facebook-blad by https://www.facebook.com/kyknetfiestas gaan stem.