WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal

“Daar is ’n aanrandingsaak aanhangig gemaak wat die Brooklyn-polisiekantoor ondersoek,” het ao. David Miller gesê.

“Die ondersoek is nog in die beginstadium.”

Die beweerde aanranding het plaasgevind by die kruising van Loislaan en Atterburyweg.

Eyewitness News het berig dat die aanranding Woensdag by die kruising plaasgevind het, waar ’n 65-jarige man na bewering herhaaldelik deur ’n ander man in die gesig geslaan is.

Die 65-jarige man het na bewering die ander man se motor gestamp.

Dt volg nadat Gregory Kleinhentz Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn het. Hy was betrokke by ’n padwoede-voorval wat in Fourways, Johannesburg, plaasgevind het.

’n Ooggetuie het die voorval, wat Saterdagmiddag omstreeks drieuur plaasgevind het, opgeneem en op YouTube geplaas.

Die video wys hoe ’n passasier uit ’n Porsche klim en die bestuurdersdeur van ’n Volkswagen Polo skop. ’n Stryd breek oënskynlik los en die man gooi iets wat soos die Polo se sleutels lyk oor die pad.

In ’n onderhoud met die uitsaaier eNCA het die bestuurder van die Polo – wat uit die vrees vir viktimisering gevra het om anoniem te bly – gesê die Porsche se bestuurder het hom in die gesig geslaan. Hy het gesê hy het aanrandingsaak aanhangig gemaak.

“Ek het agter hom bestuur en hy het links en regs voor mense ingery. Toe beweeg ek nader om te sien watter soort Porsche dit is toe die passasier ’n blikkie by die venster na my uitgooi,” het die man gesê.

“Hy het toe ’n ander blikkie gegooi, wat my motor getref het. Toe het ek my toeter gedruk, hom die middelvinger gewys en gevra wat hy dink hy doen.”

“Hy het my opsporingstelsel en kantspieël beskadig. Dit het alles so vinnig gebeur, ek het nie eers kans gehad om te dink nie,” het die man gesê.

- Sapa