splash-5_1800x1800 Met die Splash wil Suzuki veral die Hyundai i10 en Kia Picanto die stryd aansê. Die Splash moet waarde vir geld bied, maar selfs die bekostigbare GA-weergawe bied dubbele lugsakke voor en ABS-remme, terwyl die GL-model bykomende geriefskenmerke het.

'Daar is ’n keuse tussen twee ratkaste en twee spesifikasievlakke.'

Die Suzuki Splash-modelreeks bestaan uit drie weergawes wat almal deur dieselfde 1,2 L-petrolenjin aangedryf word.

Daar is ’n keuse tussen twee ratkaste en twee spesifikasievlakke.

Kraglewering is 63 kW teen 6 000 r.p.m. en wringkrag 113 Nm teen 4 500 r.p.m.

In die geval van die handratmodel is brandstofverbruik is 5,6 L/100 km vir die gekombineerde siklus, en 6,4 L/100 km vir die outomatiese weergawe.

Die Splash is 3 775 mm lank, 1 680 mm breed en 1 620 mm hoog en het ’n draaisirkel van 9,4 m.

splash-52_1800x1800

Volgens Suzuki bied die Splash se binneruim ’n groot verskeidenheid bêreplekke.

Die bekostigbaarste lid in die reeks is die Splash 1.2 GA en die lys geriefskenmerke sluit ’n syferhorlosie, lugverkoeling en sentrale sluiting.

Die GL se nog vollediger lys standaardkenmerke sluit in ’n afsonderlike toereteller, asook ’n geïntegreerde klankstelsel met ’n USB-koppeling.

Die kantelverstelbare stuurwiel is met kontroles vir die klankstelsel toegerus. Die GL-weergawe bied boonop sentrale sluiting met sleutelvrye werking, elektriese vensters en ’n verhitte agterruit met ’n was-of-vee-stelsel.

Al drie Suzuki Splash-modelle word deur ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km gedek, terwyl ’n diensplan van twee jaar of 30 000 km ook ingesluit word. Die diensinterval is 15 000 km.

Pryse:

1,2i GA handrat: R124 900

1,2i GL handrat: R134 900

1,2i GL outo: R149 900

splash-6_1800x1800