Dit gaan met die Nissan Almera, Hyundai Accent en Volkswagen Polo Vivo-sedan meeding.

Hier is agt feite oor die C30:

  1. Die C30 se bagasieruim beslaan 475 L.
  2. Jy het ’n keuse van ses kleure, terwyl die C30 ook 15-duim-allooiwiele het.
  3. Standaardkenmerke sluit in lugverkoeling, kragstuur, elektriese vensters en ’n klankstelsel met ’n USB-verbinding en Bluetooth.
  4. Veiligheidskenmerke sluit in lugsakke voor en ABS-remme.
  5. Onder die enjinkap is ’n 1,5L-petrolenjin wat 71 kW en 138 Nm ontwikkel.
  6. Die aangeduide brandstofverbruik is 7,3 L/100 km.
  7. Die C30 het ’n waarborg van vyf jaar of 100 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 45 000 km.
  8. Die prys is R179 999

gwm_rear gwm_inside