[post-slider]

Daar is twee afwerkingsvlakke beskikbaar, Visia en Acenta, en al die modelle het onder meer LED-dagryligte, spoedbeheer en ’n omvattende klankstelsel met Bluetooth.

Die nuwe Qashqai is met een petrolenjin en twee turbodieselenjins beskikbaar.

  • Die 1,2 L-turbopetrolenjin ontwikkel 85 kW krag teen 4 500 r.p.m. en 190 Nm wringkrag teen 2 000 r.p.m. Volgens Nissan is hierdie enjin se gemiddelde brandstofverbruik 6,2 L/100 km.
  • Die 1,5 L-turbodieselenjin ontwikkel 81 kW krag teen 4 000 r.p.m. en 260 Nm. wringkrag teen tussen 1 750 en 2 500 r.p.m., terwyl die brandstofverbruik 4,2 L/100 km is.
  • Dan is daar die 1,6 L-turbodieselenjin, wat 96 kW krag teen 4 000 r.p.m. en 320 Nm wringkrag teen 1 750 r.p.m. ontwikkel, met ’n gemiddelde brandstofverbruik van 4,9 L/100 km. Hierdie model is ook met ‘n palwisselende outomatiese ratkas (CVT) beskikbaar, met brandstofverbruik van sowat 5,4 L/100 km. Die topmodel is vierwielaangedrewe.

Die Qashqai is beskikbaar met ’n waarborg van ses jaar of 150 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 100 000 km.

Pryse

  • Qashqai 1,2T Visia: R281 900
  • Qashqai 1,5 dCi Acenta: R330 500
  • Qashqai 1,6 dCi Acenta CVT: R382 500
  • Qashqai 1,6 dCi Acenta: R383 800