Wen ’n Nissan Livina X-Gear ter waarde van R193 700!

In vandag se avontuur vat Jan die berge rondom Stellenbosch goed vas op sy bergfiets. Dit sal natuurlik ook nie Jan Braai wees as daar nie ’n braaivleisvuur is nie. Die sportiewe Nissan Livina X-Gear is net die motor om hom daar te kry. 

Ek het al die wêreld platgereis, maar my hart lê op Stellenbosch. Dié pragtige dorp is welbekend om sy wynplase en studente, maar dit het ook ’n wonderlike buitelugkultuur, met iets om elke hoek en draai wat die adrenalien kan opjaag. Stellenbosch het van die mooiste bergfietsroetes in die land met een vir elke vaardigheidsvlak sodat jy kan kies hoe jy jou avontuurlustigheid en uithouvermoë wil toets.

Ek ry al fiets amper so lank as wat ek kan onthou. My ma het nou nog foto’s van my as ’n laaitie wat staan langs my BMX, ’n blink silwer een! Ek het al meer kere as jou gewone Jan Rap geval en ek het die letsels wat dit bewys, maar as bergfietsry eers in jou bloed is, is jy verslaaf. Dis ’n sosiale sport en ’n mens kan baie lekker saam met jou pelle gaan ry. Dit is soos die ou gesegde lui: Groot sukses is die gevolg van harde werk, en in die berge kry jy beslis albei.

Party goed, soos motors en wyn, raak net ál beter. So maak ek dan ook vandag my opwagting in ’n Livina X-Gear. Ek het ver gevorder van my kinderdae af toe ons op oupa se plaas op sy ou trekker gery het, want my Livina X-Gear se brandstofverbruik is stukke beter en sy uitlaatgasse soveel minder. Gelukkig hoef ek nooit skool toe gegaan het met die rammelkas nie, want my silwer BMX het my daar gekry en smiddae weer teen die bult uit terug by die huis.

Dis nie wyd bekend nie, maar hierdie Stellenbosse berge het van die land se beste fietspaadjies. Die Livina X-Gear is ’n wonderlike voertuig om jou, jou pelle en almal se toerusting tot by die beginpunt van ’n fietsroete te karwei. Die motor pas perfek by die omgewing en lyk sommer ook kragtig, elegant en avontuurlustig. Sy parmantige beskermstroke op die wielboë, dakrakke en enjinkap, en ’n elegante, geronde daklyn, laat my Livina X-Gear net so sportief soos ’n liggaamsbouer lyk.

Wanneer ek bestuur, laat dit my dink aan my vriend Jan de Villiers, ’n liggaamsbouer van formaat. Hy het soveel spiere, hy laat die koppe draai. Dis nes die pad Stellies toe: In die verbyry bly mense glimlag en waai. Ek is seker dis oor my Livina X-Gear, want my vriend Jan is nie vandag in die motor nie. Die hoë onderstel maak ’n rit op ’n grondpad sommer baie gemaklik. Anders as die Livina X-Gear, het my bergfiets nie ABS of lugsakke nie; daarom moet jy maar jou valhelm dra wanneer jy gaan ry.

Daar is natuurlik ook baie ruimte in die Livina X-Gear vir ekstras soos kampeerstoele, ’n sambreel en selfs ’n braaistel. Elke man moet ’n klein braaistel saamry; ’n mens weet nooit wanneer jy hom skielik gaan nodig kry nie. Vandag kies ons ’n stadige roete op met die grondpaadjie langs en dan ’n blitsvinnige rit met die enkele paadjie langs bergaf; net vir die adrenalien. Ek is mal oor die stadige klim en dan die vinnige navigasie deur bome en stompe heuwel-af.

Jy gaan agterna dalk meer as ’n bietjie stowwerig lyk, maar die adrenalien maak al daai modder, skrape en blou kolle die moeite werd. Ongelukkig vir my maat Morné het hy onlangs aan die gly geraak en aan die verkeerde kant van ’n rots te lande gekom. Rots: 1; Morné: 0. Wanneer die son horison se kant toe begin staan, sluit nog van my pelle hier in die berg by ons aan.

Vandag maak ek ’n Caesar-slaai; iets ligs en gesonds ná ’n aktiewe dag. Ek gooi ’n paar gegeurde hoenderborsies oor die kole. In die koelkis het ek vooraf gewaste blaarslaai en hardgekookte eiers. Nou moet ek nog net ’n paar snye witbrood liggies op die vuur rooster en dan in blokkies sny vir krotons. Wanneer die hoender reg is, sny ek dit op, rangskik dit oor die blare met afgedopte eiers en die krotons en gooi my Caesar-slaaisous oor.

Ek sit kos gewoonlik reguit van die braairooster af voor; nie uit ’n bak nie. Elke braai hoef nie stereotiep gaargemaak te word nie; doen dit op jou eie manier en na jou eie smaak. Afwisseling kruie die lewe, nes sout ’n braai vorentoe laat smaak. Ek sê altyd, as jy lief is vir die aarde, moet jy braai, maar maak groot asseblief net doodseker jou kole is morsdood wanneer jy waai, want jy wil nie die berg afbrand nie. Oppak is maklik met al die ruimte in die Livina X-Gear se kattebak.

Ek ry agter my vriende aan terwyl hulle in die lig van die helder kopligte van die Livina X-Gear pad toe fietsry. Soos dié ouens ry, is ons sommer vinnig terug op die pad. Ons haak gou-gou die fietse aan die fietsrak en val in die pad Kaap toe. Ek weet ek kan, ná ’n lieflike dag in die natuur, op my Livina X-Gear staatmaak om ons veilig en gemaklik by die huis te kry.

Iemand het eenkeer gesê, as jy die lewe die moeite werd wil maak, moet elke dag ’n avontuur wees. Danksy Nissan se Livina X-Gear en my liefde vir geleenthede, is my lewe vir seker ’n groot avontuur. Ek hoop jy kom saam met my en ontdek iets wat jou hart warm sal maak, want passie en avontuur is die “vleis en aartappels” van die lewe.

Die afgelope vier weke het ek, die Livina X-Gear en my pelle snoek gekoop, die water op ’n branderski aangedurf, uitgery om wyn te proe en die Bolandse natuur op ’n bergfiets aangedurf. Sonder die Livina X-Gear sou dit onmoontlik gewees het. Dis ’n ernstige motor vir iemand wat lief is vir avontuur. Maar nou verdien die Livina X-Gear eers ’n deeglike skoonmaak.

Vir dié resep en dié van my vorige avonture, volg ons gerus op Facebook. Huisgenoot-lesers, as julle lus het vir ’n stukkie avontuur, besoek vandag nog jul naaste Nissan-handelaar vir ’n toetsrit in die Livina X-Gear. Onthou: Sê nee vir gas; gebruik hout! Dis Jan Braai, oor en uit.

Vir meer inligting oor die Livina X-Gear, besoek www.nissan.co.za.

As jy ’n kans wil hê om ’n splinternuwe Nissan Livina X-Gear te wen, lees vandeesweek se promosie-artikel in Huisgenoot waarin jy die antwoord sal kry.

Dié week se vraag: Watter eienskap van die Livina X-Gear help Jan om nie so stadig op die grondpad te ry nie?

SMS die woord LIVINA1, jou an twoord, naam en adres na 34922 of gaan na www.facebook.com/huisgenoot vir Jan se resepte en registreer vir jou kans om ’n Livina X-Gear te wen.

Elke SMS kos R1,50. Die wedstryd sluit op 19 Desember om 17:00. Die beoordelaars se beslissing is finaal. Werknemers en hul gesinne van Media24, die borg en hul reklame- maatskappye mag nie deelneem nie. Deelnemers moet 18 of ouer wees. Net Suid-Afrikaanse burgers of mense met permanente verblyfreg in Suid-Afrika mag deelneem. Die wenner moet ’n geldige Suid-Afrikaanse rybewys hê. Die prys is nie oordraagbaar of omruilbaar vir kontant nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die prys binne ’n redelike tyd.