1. Hy is op 3 Januarie 1969 gebore.
  2. Michael is passievol oor sokker en speel selfs vir ’n amateurspan naby sy tuiste. Sy afrigter se naam is toevallig Patrick Ferrari.
  3. Hy het ’n gelukbringer-hangertjie waarsonder hy nooit bestuur nie.
  4. Die Duitse renjaer staan 1,74m in sy sokkies.
  5. Michael is in 2002 en 2004 as die Laureus-wêreldsportman van die jaar aangewys. Hy en Roger Federer het die naasmeeste benoemings (ses). Tiger Woods het die meeste.
  6. Sy vrou se naam is Corinna en hulle het twee kinders, Gina-Marie en Mick, wat genoem is na sy vriend, die Australiese motorfietskampioen Mick Doohan.
  7. Michael het tussen 1994 en 2004 verskeie F1-wêreldkampioenskapstoernooie gewen; dit maak hom die suksesvolste F1-renjaer.
  8. Hy het 155 keer ’n plek op die podium gehaal in F1-wedrenne en 91 F1-seges agter sy naam.
  9. Hy het die eerste keer in 2006 uitgetree toe hy ’n renjaer vir Ferrari was. Hy het vier jaar later teruggekeer as ’n renjaer vir Mercedes, maar het einde 2012 vir goed uitgetree.

Bronne: simplyschumacher.wordpress.com, www.f1fanatic.co.uk