Drie lekker kameras waarmee jy vakansie-kiekies kan neem

Sony DSC-HX300 Kompakte Digitale Kamera

490552493666701

Hierdie kamera met sy kragtige 50 x optiese zoem sal dit laat lyk asof jy sommer baie naby was aan die onderwerp van jou foto. Hoewel dit effens swaarder is as die Nikon en Canon, gaan jy die minste jou sak moet skud. Die hoë resolusie van 20 MP sal ook verseker dat jou foto’s kristalhelder is.

  • R4,299,00
  • Skermgrootte: 3 duim
  • Optiese Zoem: 50 x
  • Megaspikkel-resolusie: 20 MP
  • Gewig: 650 g
  • Afmetings: 129,6 x 93,2 x 103,2 mm
  • 4/5

Koop dit hier:

Nikon P520 Digitale Kamera en 8GB SD Kaart

P520_SL_frt34l_on

Hierdie kamera is omtrent so lig soos ’n veer en weeg net 550 gram. Dit het ook ’n groot skerm waarop jy maklik kan sien wat jy afgeneem het. Dit is die ideale kopie vir ’n tegnologiese vraat omdat dit byna dadelik kan skakel met Facebook en slimfone.

  • R4,399,00
  • Skermgrootte: 3,2 duim
  • Optiese Zoem: 42 x
  • Megaspikkel-resolusie: 18,1 MP
  • Gewig: 550 g
  • Afmetings: 125,2 x 84,1 x 101,6 mm
  • 4/5

Koop dit hier:

Canon Powershot SX50HS Digitale Kamera

871457458647201

Kry ’n aweregse hoek om ’n foto vanuit te neem met hierdie kamera waarvan die skerm losgemaak kan word. Dit het ook ’n Smart Auto-funksie wat die geskikste opsie outomaties kies om die beste fotoresultate te lewer as jy nog ’n amateur is. Hou net in gedagte dat dit die duurste kamera van die drie is.

  • R4,447,36
  • Skermgrootte: 2,8 duim
  • Optiese Zoem: 50 x
  • Megaspikkel-resolusie: 12,1 MP
  • Gewig: 595 g
  • Afmetings: 122,5 x 87,3 x 105,5 mm
  • 3/5

Koop dit hier