Weet jy wat is ’n langarm? Dis ’n Afrikaanse selfie – maar net beter, groter en wilder! [post-slider]

'Dis nie jy wat jou armspiere bult nie.'

Dis nie ’n selfie wat jy neem tydens jou middagstappie met die hond nie; dis ’n selfie op die bopunt van Tafelberg. Dis nie jy wat jou armspiere bult nie; dis jy wat jou armspiere bult en ’n kis bier daarop balanseer.

Kry jy die idee? Goed so! Gaan neem nou jou eie en jy wen dalk een van vyf Canon PowerShot-kameras! Jy het ook die kans om een van vyf lesers te wees wat vier kaartjies na die Huisgenoot-Afskopkonsert by die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) wen.

Makliker, laat Emo dit vir jou verduidelik:

Dié wenners sal die geleentheid kry om die kunstenaars wat daar optree te ontmoet en hul eie langarm saam met hul geliefkoosde ster te neem.

  • Kyk na die voorbeelde hierbo om seker te maak jy verstaan wat dit is.
  • Neem die beste langarm waaraan jy kan dink. By ’n partytjie, op ’n verhoog, in die lug... hoe maller, hoe beter.
  • Deel jou langarm op Facebook, Twitter of Instagram en maak seker jy noem @Huisgenoot en merk dit #mylangarm.
  • Die kompetisie sluit op 26 Maart 2015 en die wenners sal op 27 Maart 2015 in kennis gestel word.

Kaartjies na die Huisgenoot-Afskopkonsert sluit nie verblyf of reiskoste in nie.

Teaser-FB-cover

WEDSTRYDREËLS Lesers van Huisgenoot mag deelneem. Inskrywings sluit op 26 Maart om 17:00. Die wenners sal op 27 Maart deur sosiale media in kennis gestel word. Die beoordelaars se besluit is finaal. Wenners wat nie binne 48 bereik kan word nie, sal hul prys verbeur. Deur deel te neem aanvaar jy dat jou naam en foto gepubliseer mag word. Om vir die pryse in aanmerking te kom moet jy jou mylangarm op Facebook, Twitter of Instagram deel, @Huisgenoot daarby noem en dit #mylangarm merk. Pryse is nie oordraagbaar nie. Personeel en hul families van Media24 en die borge (Canon en die Absa KKNK) mag nie deelneem nie. Media24 en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat kan spruit uit deelname aan dié wedstryd nie.