Na hul vorige duet-album, Bonnie & Clyde, meer as 80 000 eenhede verkoop het, span Lianie May en Jay nou weer vokale kragte saam op Lianie se nuutste album wat vanaf volgende week beskikbaar sal wees.

Die titelsnit, NaweekLyfie, het dié week reeds op radiostasies begin speel. ‘n Lekker bonus op die album is dat die tong-in-die-kies video hiervan ook op die album ingesluit is.

Met lirieke wat speels verwys na hoe opstandig Jay se liggaam raak en Lianie wat sagte fluisterings in haar oor wil hoor, speel die video af in die bekende mynersdorpie in Kimberley. Die geskiedkundige agtergrond van die omgewing word met moderne sweempies humor ingekleur.

Lianie glo dat dié liedjie, uit die pen van Johan Vorster en Christoph Kotze, dié danstreffer van die jaar gaan wees.

“Maar die res van die album is ook gevul met treffers wat tot die hart, die kop en die voete sal spreek!” vertel sy.

 Kyk hier na ‘n eksklusiewe voorsmakie van die NaweekLyfie-video: