In hierdie week se episode is die tema blou, blou, blou, maar ons praat nie nou van die kleur nie. Nee, Juanita reis al langs die beroemde Blues Highway en ontdek die hart en siel van die blues-genre. Blues is die voorvader van country- en western-musiek en word as die musikale hart van alle moderne musiek beskou – van rock- tot popmusiek. En Juanita maak die luister maklik.