Dit is nie altyd maklik om ’n goeie ontbyt te hê nie, maar hier is ’n paar voorstelle as jy die beste uit die belangrikste maaltyd wil haal.

1.      Gesonde koolhidrate: Maak seker dit het ’n lae GI, wat jou langer versadig gaan jou en jou bloedsuikervlak stabiel gaan hou. Probeer twee snye volkoring- of rogbrood met ’n halwe avokado opgesmeer. Hawermout is ook ’n goeie opsie. Dit bevat beta-glukaan, ’n soort vesel cholesterol help verlaag. Dit is ook ryk in omega-3-vetsure, folaat en kalium.

2.      Laevetproteïen: Gebakte boontjies is ’n wonderlike plaasvervanger vir vetterige spek en wors. Tradisionele Engelse ontbyt met hierdie twee soorte vleis voeg onnodige vet en cholesterol by en dit gaan jou deur die dag traag laat voel. Probeer boontjies op volkoring- of rogbrood, wat jou heeldag energie sal gee.

3.      Vrugte: Kry jou vrugte in watter vorm ook al vir jou lekker is, of dit nou vars, gepers of in ’n skommeldrankie is. Los die koffie en kies vrugte en kyk of jy dit deur die dag maak. Smoothies gee jou die opsie om verskeie soorte vrugte in te kry. Probeer ’n kombinasie van piesang, aarbei, dadel en vars lemoensap.

- Megan Bursey

Bronne: entrepreneur.com, health.com