Die Kaapse popsanger het al, maar sê een keer was genoeg. “Dis baie vreemd wanneer iemand goed van jou weet,” sê Jimmy. “Wanneer jy iemand kry wat spesiaal is, wil jy goed oor hulle uitvind en dit met hulle deel. Dis lekker wanneer jy jouself by iemand kan wees.” Die 21-jarige sanger, wat binnekort sy tweede album uitreik, vertel: “Ek hou van selfversekerde vroue. Ek hou van vroue wat sterk, onafhanklik en gelyk aan mans is. Sy moet haar man kan staan.”

Bekendes wat sy oog vang:

  • Die Amerikaanse aktrise Jessica Biel – vuurwarm
  • Die plaaslike sangeres ChianoSky – sy is net te pragtig
  • Die Amerikaanse sangeres Erykah Badu – sy is wonderlik