Rolverdeling van The Fixer DANKIE tog dat ons nie lank hoef te wag om ons tande in seisoen 3 van The Fixer te slaan nie! Dis aanstaande maand terug op die kassie en word vergesel van ’n rits verruklike nuwe reekse op DStv. Dan wag daar nog die Golden Globes op 13 Januarie om die jaar se bekroningseisoen af te skop . . . Ek het ’n paar van my gunstelinge onder terugkerende en nuwe TV-reekse gekies.

My twee gunsteling-terugkeerders

The Fixer

Goed, ek probeer nog steeds daaraan gewoond raak dat die vreeswekkende Joe wat die moordenaars Huck en toe Jake in die maak-jou-mal-gat gegooi het, Olivia se pa is! En nou weet die hele wêreld al dat Olivia ’n verhouding met die Amerikaanse president Fitz het. So kan ons assebelief nou net aan die gang kom met seisoen 3? Ek wil meer weet van Huck se agtergrondstorie en wie die verhouding aan die media verklap het. Mellie, was dit jy? En noudat ons Olivia se pa ontmoet het, sal ons hopelik meer uitvind oor haar lewe voor sy die fixer geword het.

Daar gaan eers ’n inhaal-episode wees, en dan spring die seisoen weg.

Wanneer Maandag 20 Januarie, 20:30, M-Net

Hier’s die lokprent

Justified

O Raylan Givens, hoe het ek jou en jou koel hoed nie gemis nie! Uiteindelik kom ons met seisoen 4 aan die gang (seisoen 5 begin aanstaande maand in Amerika so asseblief, DStv, moenie ons daarvoor ook so lank laat wag nie)! Hierdie keer word die pragstuk van ’n Amerikaanse maarskalk betrek wanneer ’n ou diplomatieke sak aangetref word in ’n muur in die huis van Arlo, Ryan se leerglêer-pa. Dit lei tot ’n 30 jaar oue raaisel waarby ’n verlore fortuin betrokke is, en almal doen mee – die enorm misdadige Boyd inkluis.  Maar Boyd kan nog nie heeltemal sy volle aandag aan die saak skenk nie; hy sukkel met ’n prediker op sy turf wat daarvan hou om met slange te speel en wat die verslaafdes van Boyd en sy voorraad dwelms af weglok. Kannie. Waggie.

Wanneer Woensdag 1 Januarie, 22:00, M-Net Series Showcase Hier’s die lokprent

My keuse uit die nuwe reekse

The Michael J Fox Show

Dis soortvan gebaseer op Michael J. Fox se lewe met Parkinson se siekte. Hy speel Mike Henry, ’n geliefde TV-nuusaanbieder en pa wat terug werk toe gaan vyf jaar nadat hy met Parkinson gediagnoseer is. Soos ek al voorheen gesê het, het ek nogal gegiggel terwyl ek na die lokprent gekyk het – kyk na die bewegende-stoel-voorval toe hy ’n verslaggewer was en sy vrou se opmerking oor “geen tyd vir persoonlike triomfies” nie teen die einde van die lokprent terwyl hy met moeite probeer om aandete vir sy honger gesin op te skep. Dit het ’n gemengde ontvangs in Amerika gekry maar ek hou van die man en dit kom beslis op my kyklysie.

 Wanneer Woensdag 1 Januarie, 18:00, M-Net

Hier’s die lokprent

Super Fun Night

DStv het dié een al ’n paar keer uitgestel so kom ons kyk of dit weer gebeur. Die Australiese komediant Rebel Wilson (onthou hoe koel sy in die fliek Pitch Perfect was?) speel ’n prokureur wat bevorder word, al het sy in die komedie geen persoonlike lewe hoegenaamd nie. Die titel verwys na Vrydagaande, wat sy deurbring saam met haar bleeksiel-vriende wat ook nie heeltemal inpas nie. Die lokprent het nie vir my so snaaks gelyk nie; dis ’n bietjie vreemd om Rebel haar Australiese aksent te laat verloor om ’n Amerikaanse prokureur te speel, en die storie klink aan die flou kant. Ek dink nie ek gaan van hierdie een hou nie. Ek weet, ek weet dis op my lys van nuwe gunstelinge maar – dit het Rebel Wilson in so dit kry ’n melding en ek wil hê dit moet goed wees.

Wanneer Maandag 6 Januarie, 18:00 op M-Net

Hier’s die lokprent

Survivor SA: Champions

Dis die werklikheidsreeks wat ons aan werklikheidsreekse verslaaf gemaak het en dit bly die moeite werd om dit te beproef. Plus dis al ’n hele ruk sedert ons laas ’n plaaslike weergawe gesien het. Dis die een wat M-Net vroeër aangekondig het toe hulle deelnemers begin soek het. Die formaat is ’n bietjie anders met die sokkerster Mark Fish en die rugbyheld Corné Krige elk aan die hoof van ’n span onbekendes.

Wanneer Sondag 19 Januarie, 17:30, M-Net

The Blacklist

’n Taamlik grieselige James Spader (van Boston Legal) speel Red, ’n gesoekte meestermisdadiger wat hom aan die FBI oorgee en sê hy sal hulle help om verskriklike misdadigers op te spoor wat hulle nie eens weet besig is om verskriklike misdade te pleeg nie. Maar hy is net bereid om saam met die junior agent en misdaadprofiel-opsteller Elizabeth te werk. Kry jy ook ’n Silence of the Lambs-gevoel? Wonder egter wat Red se plan is . . . Moenie dié een misloop nie, dit kry goeie resensies en is een van die suksesse van die nuwe TV-seisoen in Amerika. En dis een van my gunstelinge op my gunsteling-lysie.

 Wanneer Dinsdag 21 Januarie, 20:30, M-Net

Hier’s die lokprent

The Originals

Dis ’n dogterreeks van The Vampire Diaries en volg die broers Klaus en Elijah van Mystic Falls na New Orleans, waar hulle oorspronklik gewoon het. Marcel, Klaus se beskermling, is nou in bevel en Klaus wil sy stad terughê. Daar is ook weerwolwe en hekse en ander oulike mense in die prentjie.

Wanneer Woensdag 1 Januarie, 20:00, M-Net Series Showcase

Hier’s die lokprent

Broadchurch

Dit Britte bly tog maar briljant met speurdramas. Hierdie een gaan nie oor slim forensiese navorsing nie; dis ’n sterk storie met sterk karakters. ’n Jong seun, Danny Latimer, word vermoor op die klein dorpie Broadchurch, waar almal mekaar ken en waar almal verdagtes is. Aan die hoof van die ondersoek staan speurinspekteur Alec Hardy (vertolk deur David Tennant van Doctor Who-faam), wat nuut op die dorp is, lewensmoeg en voos lyk en duidelik pas iets ergs deurgemaak het. Hy word bygestaan deur speursersant Ellie Miller (Olivia Colman), wat die gestorwe seun en sy gesin geken het. Dis net agt episodes lank so moenie een misloop nie. Daar is allerhande afdwaalpaadjies, geheime wat onthul word en klassieke wie-het-dit-gedoen-oomblikke. Die kritici is mal oor hierdie reeks en dit het goed gevaar, daar behoort dus ’n tweede seisoen te wees. Jy wil nie hierdie een misloop nie!

Wanneer Sondag 5 Januarie, 21:00 op M-Net Series Showcase

Hier’s die lokprent

Devious Maids

Devious Maids kry ons van die man wat vir ons Desperate Housewives gegee het, en die aktrise Eva Longoria is medevervaardiger. Flora word vermoor tydens ’n partytjie by die huis van haar werkgewers, Evelyn en Adrian. Dit blyk sy het ’n verhouding met Adrian gehad; Evelyn het geweet en is meer besorg oor wie nou haar huis gaan skoonmaak as wie haar werknemer vermoor het. Die ander Latyns-Amerikaanse huiswerkers in die omgewing wat met Flora bevriend was, is geskok, maar het elkeen ook haar eie probleempies wat opgelos moet word. Die nuwe huishulp, Marisol, is egter vasbeslote om vas te stel wat Flora oorgekom het. Daar is heelparty bekende gesigte in die reeks en dit lyk na pret. Dis hernu vir ’n tweede seisoen, wat in April in Amerika begin.

Wanneer Donderdag 23 Januarie, 20:00, M-Net Series Showcase. Hier’s die lokprent

 Ander reekse wat terugkeer

  • Castle, seisoen 6, Donderdag 2 Januarie, 21:00, M-Net Series Showcase.
  • The Vampire Diaries, seisoen 5, Dinsdag 7 Januarie, 20:00, M-Net Series Showcase.
  • Banshee, seisoen 2, Woensdag 15 Januarie, 21:30, M-Net
  • Girls, seisoen 3, Vrydag 24 Januarie, 22:00, M-Net Series Showcase
  • American Idol, seisoen 13, Saterdag 25 Januarie, 17:00, M-Net
  • The Following, seisoen 2, Disndag 28 Januarie, 21:30, M-Net

- Natalie

Natalie Cavernelis Natalie Cavernelis is blogredakteur en eindredakteur: handelsmerkuitbreidings by Huisgenoot se sustertydskrif, YOU.  Sy is ’n oudredakteur van die TV-tydskrif TV Plus, is verslaaf aan haar gesin, TV, fliek en lees, en het ’n spesiale belangstelling in die populêre kultuur. Sy skryf ook omtrent al ons boekvraat-blogs oor Engelse boeke. Volg haar op twitter @NatalieCav.