HIER is hulle – die 15 kinders wat van oor Suid-Afrika heen gekies is om deel te neem aan Dream School, die werklikheidsprogram wat daarop gemik is om hulle terug te plaas in ’n onderwysstelsel wat hulle glo het hulle gefaal.

Dis ’n uitloperreeks van Jamie’s Dream School, ’n projek wat die wêreldbekende sjef Jamie Oliver – wat hom beywer vir maatskaplike kwessies – in Engeland begin het. Vir dié projek deel inspirerende mense uit alle lewenskringe hul kennis en vaardighede met ’n groep ontnugterde tieners.

Suid-Afrika se weergawe van Dream School het dié voorbeeld gevolg en alles uitgehaal in die hoop om sterleerders te maak van ’n groep jong mense wat met dwelms eksperimenteer, tienerma’s geword het en skool verlaat het.

Bekendes soos Zolani Mahola van Freshlyground, die voormalige krieketspeler en deesdae afrigter Paul Adams en Jonathan Jansen, die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, sal vir die kinders kursusse in hul onderskeie rigtings aanbied.

Niemand sal “druip” nie, maar teen die einde van die reeks sal die mees verdienstelike leerders internskappe en studiebeurse kry wat hul lewens kan verander. Van die tieners kom uit sulke haglike omstandighede dat Dream School hul laaste hoop kan wees – maar is dit dalk te laat om hulle te red?

[caption id="attachment_55572" align="aligncenter" width="596"]NATASHA (17) ‘Skool is te veel werk. My fokus is nie daar nie . . . ek wil nie daar wees nie’ NATASHA (17)
‘Skool is te veel werk. My fokus is nie daar nie . . . ek wil nie daar wees nie’[/caption]

Natasha woon in Mitchells Plain, Kaapstad, saam met haar ma en suster. Sy herhaal gr. 10, maar hoop op ’n goeie opvoeding.

Stokperdjies: luister na musiek, sing, dans en modelwerk

Gunsteling-vak: besigheidstudies

Vakke wat sy verpes: aardrykskunde en geskiedenis

In die toekoms wil sy graag “studeer om ’n lykskouer te word, of enigiets in die mediese veld. Of dalk ’n joernalis.”

[caption id="attachment_42127" align="aligncenter" width="600"] NOORUN-NISAA (17)
‘Ek baklei met ouens by die skool. Ek slaan hulle almal. Party van hulle huil’[/caption]

Nisaa is van Manenberg in Kaapstad, ’n gebied wat deur bendegeweld geteister word en waar om lewend te bly belangriker is as opvoeding. Sy is in gr. 11.

Stokperdjies: eet, slaap en laf optree

Gunsteling-vakke: Engels, lewenswetenskappe en wiskunde

Vakke wat sy verpes: Afrikaans en besigheidstudies

In die toekoms wil sy graag “verder studeer en suksesvol word”.

[caption id="attachment_42132" align="aligncenter" width="600"] ZAMA (19)
‘My voorvaders het my begin roep. Mense het gedink ek is mal, maar ek moes hulle antwoord om my versteekte talente te vind’[/caption]

Zama van Soweto het skool in gr. 10 verlaat toe visioene van haar voorvaders haar aandag van haar skoolwerk afgetrek het. Sy het skool verlaat om haar opleiding as tradisionele geneesheer te begin.

Stokperdjies: TV kyk, uithang saam met vriende en om na musiek te luister

Gunsteling-vakke: wiskunde, natuurwetenskappe, besigheidstudies en lewensoriëntering

Vak wat sy verpes: aardrykskunde

In die toekoms wil sy graag “verder studeer in iets wat met die media en sake te doen het. En as sangoma praktiseer.”

[caption id="attachment_42134" align="aligncenter" width="600"] THANDEKA (19)
‘My ouers wou hê ek moes teruggaan na ’n hoofstroomskool, maar ek het nie die inisiatief geneem en vir ’n skool gaan soek nie’[/caption]

Thandeka, van Soweto, was in gr. 10 toe sy ontdek sy is swanger. Sy het skool verlaat om haar baba te kry en nie teruggekeer nie.

Stokperdjies: skryf, sing en sport

Gunsteling-vak: Engels

Vak wat sy verpes: wiskunde

In die toekoms wil sy graag “joernalistiek of mediastudies studeer”.

[caption id="attachment_42138" align="aligncenter" width="600"] TREVOR (17)
‘Dis moeilik omdat ek nie eintlik praat nie. Dis net . . . ek is baie skaam’[/caption]

Trevor, van Montclair in Durban, het hoërskool verlaat nadat hy gr. 10 herhaal het. Onderwysers het gesê hy moet ’n spesiale skool bywoon, en dit het hom net verder ontnugter.

Stokperdjies: fietsry en rekenaarspeletjies

Gunsteling-vak: rekenaartoepassingstegnologie (RRT) en wiskunde

Vakke wat hy verpes: Afrikaans en lewensoriëntering

In die toekoms wil hy graag “’n kommersiële duiker word”.

[caption id="attachment_42140" align="aligncenter" width="600"] SIMPHIWE (16)
‘Dalk is dit ek . . . ek weet nie. Ek haat dit om in dieselfde graad as jonger kinders te wees’[/caption]

Simphiwe, van Langa in Kaapstad, glo nie hy het ’n matrieksertifikaat nodig om sy droom om ’n rapper te word te verwesenlik nie. King Cypher, soos hy bekend wil staan, herhaal gr. 10 en as een van die ouer kinders in die klas sukkel hy om in te pas.

Stokperdjies: rap, vervaardiging, eet en klere ontwerp

Gunsteling-vak: musiek

Vak wat hy verpes: wiskunde

In die toekoms wil hy graag “rap, musiek vervaardig en leer hoe om ’n platejoggie te wees. Ek oefen elke dag. Ek wil ook leer hoe om klere te ontwerp.”

[caption id="attachment_42148" align="aligncenter" width="600"] WAUNITA (17)
‘Ek het agter geraak met my skoolwerk. Ek het net nie meer die mas opgekom nie’[/caption]

’n Motorfietsongeluk Waunita haar ’n ruk lank uit die klas gehou en veroorsaak dat sy agter raak met haar skoolwerk. Dié tiener van Pretoria-Noord het met depressie gesukkel, haar begin seermaak en eindelik in gr. 9 skool verlaat. Sedertdien het sy ’n deeltydse fotografiekursus gedoen.

Stokperdjies: hokkie, sing, fotografie en toneelspeel

Gunsteling-vak: drama

Vak wat sy verpes: wiskunde

In die toekoms wil sy graag “studeer, oorsee gaan en beroemd raak”.

[caption id="attachment_42153" align="aligncenter" width="600"] LIHLE (17)
‘Ek hou nie meer van skool nie – ek is omring deur die jonger generasie. Ek jok en sê vir mense ek is in matriek’[/caption]

Lihle van Khayelitsha, Kaapstad, herhaal gr. 10 vir die tweede keer. Hy is dikwels betrap waar hy stokkies draai en dagga rook.

Stokperdjies: sokker

Gunsteling-vakke: besigheidstudies en ekonomie

Vak wat hy verpes: wiskunde

In die toekoms wil hy graag “’n onderneming besit of ’n beroepsokkerspeler wees”.

[caption id="attachment_42156" align="aligncenter" width="600"] VINCENT (15)
‘Ek wens ek was ’n kat sodat ek kan eet en slaap en niks anders hoef te doen nie’[/caption]

Vincent, van Table View in Kaapstad, het vroeër vanjaar skool verlaat nadat hy en ’n groep vriende betrap is toe hulle dagga rook.

Stokperdjies: sokker en krieket

Gunsteling-vak: kuns en musiek

Vakke wat hy verpes: wiskunde, Afrikaans en natuurwetenskappe

In die toekoms wil hy graag “’n platejoggie of grafiese ontwerper word”.

[caption id="attachment_42162" align="aligncenter" width="600"] MASI (17)
‘Ek is soms lui. Dis moeilik. Soms het ek goeie dae en soms nie’[/caption]

Masi, van Woodstock in Kaapstad, het aandagsgebrek-hiperaktiwiteitsindroom en is disleksies. Hy herhaal tans gr. 10.

Stokperdjies: sport, ontspan en dans

Gunsteling-vakke: lewensoriëntering, RRT, toerisme, wiskunde en verbruikerstudies

Vak wat hy verpes: Xhosa en Engels

In die toekoms wil hy graag “’n sjef word. Maar nie enige sjef nie – ek wil brood en soetgebak maak.”

[caption id="attachment_42163" align="aligncenter" width="600"] KEAGAN (15)
‘Ek hou van stokkies draai. Ek kan nie konsentreer nie’[/caption]

Keagan sukkel om te konsentreer in die klas, sê Keagan, wat in Kempton Park, Johannesburg, woon. Hy herhaal gr. 8.

Stokperdjies: ysskaats, rugby en krieket

Gunsteling-vak: Afrikaans

Vak wat hy verpes: wiskunde

In die toekoms wil hy graag “’n omroeper word”.

[caption id="attachment_42167" align="aligncenter" width="600"] TSHEPO (19)
‘Ek het nie geld vir middagete gekry nie. Ek was nie bereid om honger skool toe te gaan nie’[/caption]

Tshepo het gesukkel om die dood van albei sy ouers te hanteer en het skool ná gr. 9 verlaat. Hy woon by sy suster in Soweto.

Stokperdjies: kook, skoonmaak en dans

Gunsteling-vak: Engels

Vak wat hy verpes: geen

In die toekoms wil hy graag “meer leer oor dans en die sakewêreld”.

[caption id="attachment_42171" align="aligncenter" width="600"] MONIQUE (18)
‘Ek is al my lewe lank onafhanklik. Ek het nooit die kans gehad om ’n kind te wees nie’[/caption]

Nadat sy 16 skole bygewoon het, het Monique van Brackenfell in Kaapstad skool in gr. 10 verlaat. Sy woon nou op haar eie en werk in ’n kroeg om haarself te onderhou.

Stokperdjies: hardloop, dans en versamel aanstekers

Gunsteling-vak: wiskunde

Vak wat sy verpes: besigheidstudies

In die toekoms wil sy graag “’n argeoloog word”.

[caption id="attachment_42173" align="aligncenter" width="600"] CHENIQUE (15)
‘As jy met onderwysers oor jou probleme praat, sal hulle dit ophaal as hulle kwaad raak vir jou. Ek praat met niemand nie’[/caption]

Sy wil ’n dokter word, sê Chenique van Hanoverpark op die Kaapse Vlakte. Ongelukkig druip sy tans gr. 9, en sy sê die onderwysers weier om haar te help.

Stokperdjies: netbal en musiek.

Gunsteling-vak: wiskunde

Vak wat sy verpes: alles behalwe wiskunde

In die toekoms wil sy graag “studeer vir ’n dokter. Of dalk ’n lugwaardin of regter word.”

[caption id="attachment_42177" align="aligncenter" width="599"] NURAAN (15)
‘Ons het baie probleme. Ek draai gereeld stokkies, maar die onderwysers gee my nie die hulp wat ek nodig het nie’[/caption]

Nuraan woon by haar ouma in Hanoverpark op die Kaapse Vlakte en sukkel deur gr. 9.

Stokperdjie: sport

Gunsteling-vak: lewensoriëntering Vak wat sy verpes: wiskunde In die toekoms wil sy graag “’n maatskaplike werker word. Ek wil mense help.”

Kyk vanaf 13 October elke Sondag om 17:00 na MySchool Dream School op M-Net, M-Net HD, Mzanzi Magic and M-Net Series.