[caption id="attachment_129458" align="alignnone" width="600"]Huisgenoot-intern Daniel De Carvalho blog oor sy “reis” deur die ruimte by die Gateway to Space-uitstalling in Johannesburg. Foto: OJ Koloti Huisgenoot-intern Daniel De Carvalho blog oor sy “reis” deur die ruimte by die Gateway to Space-uitstalling in Johannesburg. Foto: OJ Koloti[/caption]

Alexei Arkipovich Leonov is gebore op die 30ste Mei 1934 en hy is steeds springlewendig en gesond. Leonov staan bekend as die eerste man wat ’n buite-vehikulêre aktiwiteit (BVA) (extra-vehicular activity (EVA)), of in leketaal ’n ruimtewandeling, uitgevoer het. Leonov het sy Amerikaanse teenstander Ed White geklop deurdat hy die die eerste man was wat in die ruimte gewandel het.

Alexei Leonov en sy mede-kosmonout Pavel Belyayev het in Voskhod 2 vanaf die Baikonur-ruimtebasis in Kazakhstan op die 18de Maart 1965 opgestyg. Teen 11:32 op daardie selfde dag het Belyayev die buitenste lugslot oopgemaak, waardeur Leonov die nimmereindigende leemte van die ruimte binnegetree het, met niks wat hom terughou behalwe ’n 5,35 m-lange kabel wat aan die ruimtevaartuig vasgeheg was nie. Leonov het die ervaring as opwindend beskryf, waarna hy ook genoem het dat die ervaring gelykgestel kan word aan ’n seevoël wat sy vlerke oopsprei en hoog bo die aarde sweef.

Die wandeling het 12 minute lank geduur en dit het byna tot ’n tragiese einde gekom. Leonov se ruimtepak het weens die blootstelling aan die vakuum van die ruimte opgeblaas. Die pak het tot so ’n mate opgeblaas dat Leonov gesukkel het om weer by die lugslot in te kom, wat daartoe gelei het dat hulle die addisionele lug uit die pak moes laat suig om die ekstra druk wat in die pak opgebou het, te verminder. Gelukkig was dit vir hom moontlik om ná hierdie angswekkende ervaring weer die ruimtetuig binne te gaan.

Ongelukkig was dit nie die laaste komplikasie nie. Ná 1 dag, 2 uur en 2 minute nadat die tuig gelanseer is, het die Voskhod 2 weer die aarde se atmosfeer binnegevaar met albei ruimtevaarders binne-in. Tydens hierdie terugkoms, was daar ’n probleem met die lansering van die landingsvuurpyle, en is die modules ook nie van mekaar geskei nie. Selfs al is daar oorgeskakel vanaf outomatiese-vlug na die vaarders wat self die landing beheer, het dit veroorsaak dat die tuig kilometers weg van die beplande landingsstrook geland het. Dit het die ruimtevaarders in die middel van ’n digte woud gedurende ’n sneeustorm gelaat. Hulle is op die tweede dag gered en het hul oorlewing gevier met ’n knertsie brandewyn elk.

Aangesien die mens nie perfek is nie, kan alle sendings ongelukkig nie altyd volgens plan verloop nie. Leonov is deur Ed White opgevolg.

Gateway to Space

Edward Higgins White II is gebore op die 14de November 1930. Hy was ’n Amerikaanse lugvaartkundige, ’n VSA Lugmagoffisier, ’n toetsvlieënier en ’n ruimtevaarder by NASA. Hy was ’n man met baie prestasies agter sy naam, waarvan die grootste prestasie sekerlik was dat hy die eerste Amerikaner was wat in die ruimte gewandel het.

Oor ’n tydperk van 14 jaar het White sy hoërskoolloopbaan voltooi, aangesluit by die VSA Militêre Akademie, ’n graad in Wetenskap verwerf, getrou, die tweede-in-bevel luitenant in die lugmag word, gegradueer aan die vliegskool, 3 en ’n half jaar in Wes-Duitsland spandeer om NAVO (Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie) te verdedig, ’n Meestersgraad in Wetenskap verwerf, en sy posisie as toetsvlieënier ingeneem. Hy het dit alles bereik in die tydperk tussen 1948 en 1959.

In 1962 was White, met 3000 uur van vlug onder die knie, een van die nege mense wat gekies is om deel te wees van die tweede groep ruimtevaarders. White is, vanweë sy status as vlieënier wat ekstreme hoogtes kon hanteer, saam met die vlieënier-in-bevel James McDivett gekies as die vlieënier van die Gemini 4. Op die 3de Junie 1965, presies 77 dae ná Leonov, het White die eerste Amerikaner geword wat in die ruimte gewandel het.

Teen 14:45 het Ed White vanuit die ruimtevaartuig te voorskyn gekom met ? 8 m-lange kabel aan hom vasgeheg. Hy het gebruik gemaak van ? gespesialiseerde aandrywingstelsel om homself deur die ruimte te beweeg. White se ruimtepak is ontwerp om die stremminge van die ruimte te hanteer, wat daartoe gelei het dat hy 20 minute in die ruimte kon deurbring, amper twee keer so lank as wat Leonov in die ruimte gewandel het. Huiwerig om weer die tuig binne te tree, het White gesê: “’I’m coming back in and it’s the saddest moment of my life.” Ná 62 wentelinge om die aarde, het die Gemini 4 sy weg terug gebaan na die aarde se atmosfeer, waar dit geland het in die Atlantiese oseaan en waar die span later teruggevind is.

Vanweë sy groot prestasie op die Gemini 4-vlug, is Ed White gekies om as die senior vlieënier op te tree vir die eerste Apollo-sending. Die Apollo-sendings moes volgens beplanning deel uitmaak van die maanlandingsprogram. Die lansering van die Apollo 1 moes op die 21ste Februarie 1967 geskied, maar voordat die span en die tuig hierdie datum kon bereik, het ? toetslopie-vlug lelik skeefgeloop.

Op die 27ste Januarie van dieselfde jaar het die span, bestaande uit White, vlieënier-in-bevel Virgil Grissom en die vlieënier Roger Chaffee, die Apollo 1 binnegetree, onbewus van wat vir hulle sou voorlê. Ongelukkig het daar ’n brand uitgebreek in die suurstoftenk gedurende die toets, wat al drie die mans laat omkom het. Ed White is begrawe met volle militêre eerbewys by die West Point-begraafplaas, terwyl Grissom en Chaffee albei begrawe is in die Arlington-begraafplaas.

????????????????

Geeneen van die afsterwings kan gewaardig word nie, maar ná die aanskouing van wat so min mense al in lewende lywe gesien het, dink ek dit is waarlik besonders dat Ed White dood is terwyl hy gedoen het waarvoor hy lief is. Dit is iets waaruit almal van ons ’n waardevolle les kan leer. Terwyl ons dood so onvoorspelbaar en ongevraagd is, moet ons ten minste probeer om ons passies uit te leef terwyl ons nog kan.

? Hou hierdie ruimte dop vir nog oor GTS se intrepid explorer, die Huisgenoot-intern Daniel de Carvalho.

? Vir nog inligting oor die ruimte en die mensdom (en diereryk) se reise, besoek die Gateway to Space-uitstalling in die Sandton-konferensiesentrum. Die uitstalling word van 1 Junie 2016 tot 31 Julie 2016 aangebied. Met ’n opvoedkundige uitstalling en ’n gesinsgeoriënteerde speelruimte is die opwinding nooit te ver weg nie. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vir nog inligting, gaan na gatewaytospace.co.za.

Bronne: Gateway to Space, YOU, calculatoredge.com, Nasa, space.com, Today in Science History, Universe Today, Wikipedia