Ons is so opgewonde oor vanjaar se Durban Fashion Fair. Ons modedirekteur, Chu, sal dit bywoon om al die nuwe modeneigings vir hierdie seisoen te sien. Van Donderdag 22 Augustus tot Sondag 25 Augustus sal van die grootste Suid-Afrikaanse ontwerpers hul nuwe reekse vertoon. Daar sal ook internasionale ontwerpers wees, soos Diego M van Italië en Mina Evans-Anfom van Ghana.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R100 per persoon per vertoning en R50 per student per vertoning. Vir nog inligting oor die Durban Fashion Fair, besoek www.durbanfashionfair.com.

Hier is foto’s van van die ontwerpers wat hul reekse gaan vertoon.

Karen Monk Klijnstra: Thursday 22 August om 6 pm

Nguni Shades: Friday 23 August om 4 pm

 

 Kathrin Kidger: Friday 23 August om 7.30 pm

 Duke: Saturday 24 August om 4 pm

 Palse Homme: Saturday 24 August om 6 pm

 

Alle foto’s: Simon Diener Photography SDR Photos