Aspirante sangers vanaf so jonk soos ses jaar tot oor die ouderdom van 35 kan uitsien na die sewentiende aflewering van Voice Search by die Westgate Mall in Mitchells Plain vanaf 18 tot 27 Oktober.

Dié jaar gaan die organiseerders ’n markiestent buite die winkelsentrum oprig om meer toeskouers te akkommodeer en waar vertonings deur verskeie plaaslike kunstenaars opgevoer gaan word.

Die vermaak waarna die gemenskap kan uitsien sluit in Platform 9 met Theodore Jantjies (7de Laan) en Maurice Paige (Isidingo); Vicky Sampson featuring Jennifer Jones and the Diva Experience; Is Ja! met Jody Abrahams; The Drifters’met Giempie Vaardien; en plaaslike kunstenaars soos Kurt Schoonraad en Waseef Piekaan.

Kaartjies vir Voice Search en die bogenoemde vertonings is by Computicket beskikbaar.