Mercedes se nuwe motor vir Formule Een se 2014 -seisoen gaan ’n ondersteuningsboodskap dra vir Michael Schumacher.

Michael, wat sewe keer wêreldkampioen was, verkeer nog in ’n koma ná ’n ernstige ski-ongeluk verlede maand.

Die bakwerk van die WO5-model sal die woorde “KeepFightingMichael” dra. Bewonderaars wat op Twitter hul ondersteuningsboodskappe aan die Duitser stuur, gebruik ook dié frase as ’n hutswoord.

Michael (45) het in 2012 sy Formule Een-loopbaan met Mercedes afgesluit. Hy verkeer in ’n koma sedert hy op 29 Desember ’n ski-ongeluk was in die Franse ski-oord Méribel .

- Sapa