Merc_bakkie

Die nuwe Mercedes-bakkie behoort einde 2017 te koop te wees. Dit sal aanvanklik as ’n dubbelkajuit beskikbaar wees, maar ’n enkelkajuit behoort ook later sy opwagting te maak.

Daar sal ’n keuse van turbopetrol- en turbodieselenjins wees.

Mercedes is glo vasbeslote om te verseker dat die bakkie net so luuks is soos sy ander voertuie en dit sal topgehalte afwerking hê. Dit sal ook met allerhande tegnologiese kenmerke en veiligheidseienskappe toegerus word.

Tog is Mercedes ook van plan om ook werkesel-weergawes te bou.

Mercedes is immers reeds ’n belangrike rolspeler in die kommersiëlevoertuigsegment met sy reeks paneelwaens en vragmotors.