“Ontleding van data oor sterftes in 2014 toon op betaaldag-naweke skiet padsterftes met tot 23,6 persent die hoogte in vergeleke met ander naweke,” sê hy in ’n verklaring.

Donald sê die naweek wat op 1 Augustus begin het, was die slegste wat vanjaar aangeteken is, met 26 sterftes. Twintig mense is in die daaropvolgende betaaldag-naweek dood.

“Terwyl gemiddeld 3,6 mense elke dag op die Wes-Kaap se paaie sterf, styg dit tot gemiddeld 6,2 mense per dag oor betaaldag-naweke.”

Donald sê dié skerp toename kan daaraan toegeskryf word dat mense meer geld het om te reis en drank te koop. Hy beveel aan mense gebruik nie die pad nadat hulle gedrink het nie, dra sitplekgordels en bestuur versigtig.

Bron: Sapa