, onder meer die nuwe Mazda3, Mazda6 en bykomende weergawes van die CX-5-sportnutsvoertuig. Boonop kom die nuwe Mazda2 en nuwe MX5 ook in 2015. Mazda3

mazda3-12_1800x1800

Soos tevore, is die derdegeslag-Mazda3 as ’n luikrug of sedan beskikbaar, en gaan dit meeding met die VW Golf, Ford Focus, Hyundai i30 en Renault Megane.

Daar is sewe verskillende modelle in vyf verskillende afwerkingsvlakke asook twee enjinkeuses, ’n 1,6 en ’n 2 L (albei petrol). Ratkaskeuse is vyf- en sesgangeenhede of ’n outomatiese viergang.

Pryse (luikrug en sedan se pryse is dieselfde)

  • Mazda3 1,6 Original: R232 900
  • Mazda3 1,6 Active: R242 900
  • Mazda3 1,6 Dynamic: R253 100
  • Mazda3 1,6 Dynamic Outo: R256,400
  • Mazda3 2,0 Individual: R293 600
  • Mazda3 2,0 Individual Auto: R299 600
  • Mazda3 2,0 Astina: R326 300
Mazda6

mazda6-17_1800x1800

Die Mazda6 is gerat om die Honda Accord, Volkswagen Passat, Hyundai Sonata en Kia Optima aan te vat. Die reeks bestaan uit ses modelle met vier afwerkingsvlakke en drie enjinkeuses: ’n 2,0 liter, ’n 2,5 liter en ’n nuwe 2,2-liter-diesel.

Pryse

  • Mazda6 2,0 L Active: R342 000
  • Mazda6 2,0 L Active Outo: R358 000
  • Mazda6 2,5 L Dynamic Outo: R373 000
  • Mazda6 2,5 L Individual Outo: R399 500
  • Mazda6 2,2 L DE Dynamic Outo: R404 000
  • Mazda6 2,2 L DE Atenza Outo: R430 500
Mazda CX-5

cx-5-7_1800x1800

Die CX-5 is ’n middelslag-sportnutsvoertuig wat al sowat twee jaar plaaslik te koop is. Mazda het dié model ietwat opgekikker en dit is ook nou met ’n turbodieselenjin beskikbaar.

Daar is ses modelle met vier afwerkingsvlakke in die opgeknapte reeks en met dieselfde drie enjinkeuses as in die Mazda6.

Boonop is die topmodel ’n volwaardige viertrekvoertuig, terwyl die ander weergawes voorwielgedrewe is.

Ook is daar ’n keuse tussen ’n handratkas met ses gange en ’n sesgang outomatiese ratkas.

Pryse:

  • Mazda CX5 2,0 L Active R316 600
  • Mazda CX5 2,0 L Active Outo R326 600
  • Mazda CX5 2,0 L Dynamic R326 600
  • Mazda CX5 2,2 L DE Active Outo (diesel): R375 400
  • Mazda CX5 2,5 L Individual Outo: R398 600
  • Mazda CX5 2,2 L DE Akera 4x4 (diesel): R456 100