supersad

Mango Groove “Dit is ’n groot eer,” sê Claire Johnston, hoofsangeres van die groep.
'Dit is ’n ikoniese gebeurtenis.'

“Dit is ’n ikoniese gebeurtenis en nou word dit op so ’n groot skaal aangebied. En dit nogal by so ’n ikoniese plek. Dit gaan ’n massiewe produksie wees en ons kan nie wag nie,” sê sy.

Die Suid-Afrikaanse groep het al meer as 12 nommer een-treffers gehad in die net meer as 30 jaar dat hulle gehore wêreldwyd vermaak.

En niemand kan stilsit as daardie ritme eers deur jou are pols nie.

Dink maar aan treffers soos Special Star (1989) en Nice To See You (1993), met daardie kenmerkende kwêla- en marabiklanke, gemeng met ’n bietjie pop vir ekstra skop.

Mango Groove is ook die enigste Suid-Afrikaanse groep wat ses uitverkoopte vertonings in die Sun City Superbowl en die Standard Bank Arena gehad het.

Jy gaan ver soek om nog so ’n unieke Suid-Afrikaanse klank soos Mango Groove te kry. Moet hulle nie misloop by die gebeurtenis van die jaar, die SuperSkouspel, op 19 September nie.

Kyk ook uit vir Mango Groove se splinternuwe album, Sing the Beloved Country: A South African Songbook - Mango Groove and Special Guests, wat later vanjaar uitgereik word.

Bespreek vir SuperSkouspel by online.computicket.com, bel 0861-915-8000 of besoek jou naaste Computicket.

 
DIGITAL BANNER_HG_600x450 (0-00-00-00)

- Suzanne Venter