’n Man wil so graag ’n Nissan 370Z-sportmotor besit, hy wil sy linkertestikel vir R350 000 van die hand sit.

’n Man wil sy linkertestikel vir R350 000 verkoop om ’n sportmotor te bekostig.

Mark Parisi wil so graag ’n Nissan 370Z besit dat hy bereid is om daardie intieme liggaamsdeel vir navorsing te verkoop. Hy vertel hy sal nie eers oor die prys kibbel nie, maar die eerste aanbod aanvaar.

Mark het sy voorneme op die Amerikaanse televisieprogram The Doctors bekendgemaak.

Hy het ten spyte van die intimiteit daarvan heeltemal gemaklik met sy besluit gelyk. Tog het vroue in die gehoor geskok gelyk oor wat hy bereid is om vir sy droommotor op te offer.

  • In Suid-Afrika kos die intreevlak-weergawe van die R370Z R541 500.